Teksboodskappe verbode in SAR

Deel op
bangui
Morsdood

Teksboodskappe word tans in die SAR as ‘n veiligheidsbedreiging beskou.

Enige een wat ‘n teksboodskap in dié land probeer stuur, kry van Maandag af ‘n boodskap wat lui: “SMS verbode”.

Die regering van die Sentraal-Afrikaanse Republiek het selfoon-teksboodskappe verbied in ‘n poging om die konflik-geteisterde land te stabiliseer.

Volgens die telekommunikasie ministerie word teksboodskappe gebruik om betogings en opstande te reël. Premier Andre Nzapayeke sê ‘n algemene staking is deur selfone gereël.

Sedert verlede week bly mense weg van die werk wat die hoofstad verlam gelaat het. Die regering het mense Woensdag aangemoedig om terug te keer werk toe.

Die SAR is polities onstabiel sedert die Moslem Seleka-rebelle die regering van president Francois Bozize in Maart 2013 omver gewerp het.

Sowat 2000 Franse en 6500 Afrika-soldate probeer sektariese geweld in die land bekamp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.