Zim-partye voor moeilike besluite

Deel op
Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai het breë ooreenstemming bereik dat Mugaba as president sal aanbly en dat Tsvangirai eerste minister sal word aan die hoof van 'n groot kabinet wat eweredig tussen die twee partye verdeel sal wees. Die kleiner opposisiefaksie sal egter die balans van die poste uitmaak.
Deel op
Bronne sê daar bly steeds beduidende geskilpunte oor sleutelkwessies wat gaan bepaal of Mugabe werklike beheer van die regering behou.

Mbeki is gretig om te bewys dat stille diplomasie 'n suksesvolle strategie was.

Die samestelling van die nuwe kabinet bly 'n struikelblok. Mugabe wil hê dit moet uit 36 ministers bestaan, met Zanu-PF en die MDC wat elk oor 15 poste beskik en die oorblywende 6 wat deur die wegbreek MDC-faksie van Arthur Mutambara gehou sal word.

Tsvangirai wil 'n kleiner kabinet hê en net twee poste vir Mutambara.

Brittanje, die VSA en die Europese Unie het almal gesê dat 'n hulppaket van R14-miljard net vrygestel sal word indien Mugabe beheer van die regering laat vaar.

slots noАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.