Nicholas Wade-boek bring rassedebat na hoofstroom

Deel op

Troublesome-Inheritance

deur Dan Roodt

Tot dusver is ras as ‘n besprekingsonderwerp beperk tot genetici, onverskrokke intellektuele dissidente, asook polities korrekte skrywers wat herhaaldelik beweer het dat ras ‘n “blote sosiale konstruk” is. Onder die minder intelligente deelnemers word beskuldigings van “rassisme” gewoonlik lustig rondgeslinger.

‘n Nuwe boek wat so pas deur Penguin in die VSA uitgegee is, A Troublesome Inheritance: Genes, Race and Human History (Prys: $27,95), dreig om dit alles te verander en die gewraakte rassedebat na die hoofstroom te laat deurbreek. Die skrywer, Nicholas Wade is die wetenskapsverslaggewer van Amerika se mees invloedryke koerant, die New York Times.

Wade verwys na die jongste genetiese navorsing wat onomwonde aantoon dat ras ‘n werklikheid is. Dis algemeen bekend dat die mens en die vrugtevlieg ongeveer 95% van hul gene in gemeen het, maar gene opsigself bepaal nie die samestelling van die organisme nie, wel die frekwensie van gene of allele. Daardie voorkoms van allele is ook verantwoordelik vir rasseverskille. Soos Wade dit stel:

“The genetic differences between human races turn out to be based largely on allele frequencies, meaning the percentages of each allele that occur in a given race.”

‘n Ras is daarom niks anders as ‘n kompleks van genetiese variasie of verskille tussen mense nie. Daar bestaan vyf groot menslike rasse wat ooreenstem met die meerderheidsbevolkings in Afrika, Europa, Oos-Asië, die Amerikas en Australasië.

Hedendaagse genetici kan ook baie akkuraat mense van gemengde ras se afkoms ontleed, want ‘n mens dra jou hele voorgeskiedenis van duisende jare in jou gene saam. Hoewel dit nie in die boek voorkom nie, gebruik Israel byvoorbeeld deesdae genetiese toetse om te bepaal of voornemende immigrante van Joodse afkoms is, aldan nie.

Die algemene opvatting dat “almal deesdae maar min of meer gemeng is”, word nie deur genetici gestaaf nie. Wade noem byvoorbeeld oor een uitgebreide studie wat onderneem is:

“Many populations are not highly mixed, and the Rosenberg-Feldman survey confirmed the remarkable extent to which people throughout history have lived and died in the place where they were born.”

Interessant egter is dat die bevolking in Afrika, anders as elders ter wêreld, juis ‘n taamlik gemengde afkoms vertoon. Genetici soos Tishkoff skryf dit toe aan die grootskaalse migrasies wat daar in Afrika plaasgevind het, soos byvoorbeeld die Bantoe-migrasie wat vanaf Nigerië en Kameroen na Oos- en Suider-Afrika geskied het.

Dikwels korreleer taal en genetiese afkoms ook sterk, behalwe waar groepe hul oorspronklike tale verloor.

Rasse, soos spesies self, het weens evolusie en seleksie oor duisende jare ontstaan. ‘n Idee wat sterk in die boek geargumenteer word en insgelyks op die mees onlangse genoom-navorsing berus, is dat evolusie eintlik baie vinniger plaasgevind het as wat ‘n mens dink. Ook is ons steeds besig om by ons omgewing aan te pas en vind evolusie dus steeds en moontlik selfs teen ‘n versnelde pas, plaas!

Een fassinerende studie wat in Kanada gedoen is, het bevind dat vroue op ‘n eiland in die St. Lawrence-rivier binne ‘n betreklike kort tyd geneties verander het om op ‘n vroeër ouderdom kinders te baar. Die gemiddelde ouderdom waarop hul eerste kinders gebore is, het binne slegs enkele geslagte van 26 tot 22 jaar gedaal, wat navorsers slegs aan genetiese faktore en aanpassing kon toeskryf.

Daar bestaan ook getuienis dat Afro-Amerikaners besig is om by hul lewenswyse buite Afrika aan te pas en van hul genetiese aanpassing wat uit Afrika afkomstig is, te verloor.

Teenoor mense wat beweer dat ras nie bestaan nie, meen Wade:

“Even when it is not immediately obvious what race a person belongs to from bodily appearance, as may often be the case with people of mixed-race ancestry, race can nonetheless be distinguished at the genomic level. With the help of ancestry informative markers… an individual can be assigned to the appropriate continent of origin… At least at the level of continental populations, races can be distinguished genetically, and this is sufficient to establish that they exist.”

Nicholas Wade toon ook aan hoe sommige van die Amerikaanse akademici wat ras ontken, soos Stephen Jay Gould, hul data vervals het om by hul sienings in te pas. Nieteenstaande die vooruitgang wat die genoomprojek gebring het in die mens se begrip van sy afkoms en die objektiewe werklikheid van ras, heers daar steeds die dogma in die geesteswetenskappe dat ras bloot ‘n subjektiewe projeksie is en dat ons dit nie “behoort raak te sien nie”.

Die meer omstrede deel van Nicholas Wade se boek, is waar hy argumenteer dat ras aan maatskaplike of ekonomiese prestasie verwant is. Omdat rasse oor duisende jare geselekteer word binne ‘n bepaalde omgewing en daar ook op die vlak van die groep aanpassing plaasvind, is sommige rasse en kulture meer suksesvol as ander. In Hoofstuk 9 van die boek bespreek Wade die ongekende opbloei van die Westerse beskawing oor die afgelope 500 jaar en bevind dat dit ook ten dele aan genetiese faktore toegeskryf kan word. Soos die skrywer dit stel:

“The rise of the West was not some cultural accident. It was the direct result of the evolution of European populations as they adapted to the geographic and military conditions of their particular ecological habitat… The rise of the West is an event not just in history but also in human evolution.”

Tien jaar gelede nog was daar so ‘n taboe oor ras en evolusie dat ‘n mens skaars daaroor kon praat. Die vroeë werk van skrywers soos J Philippe Rushton en Michael Levin oor rasverskille, wat min of meer dieselfde argument as Nicholas Wade aanbied, is oor die algemeen met vyandigheid begroet. Rushton, wat nou oorlede is, se klasse aan die Universiteit van Wes-Ontario in Kanada is ontwrig, hy is met geweld gedreig en daar is selfs gepoog om hom afgedank te kry.

Die menslike genoomprojek het egter tot ‘n groter beskikbaarheid van genetiese data en ‘n groter openheid om ras te bespreek, gelei. Daarom het die drie invloedrykste koerante in die VSA, die New York Times, die Washington Post en die Wall Street Journal, al drie oor die afgelope maand resensies oor A troublesome inheritance geplaas. Terwyl die resensies van die Times en die Post voorspelbare kritiek vanuit ‘n geestewetenskaplike hoek op Wade lewer, is Charles Murray in die Wall Street Journal baie lowend oor die boek en noem dit ‘n “historiese” werk.

Murray is natuurlik medeskrywer van die The Bell Curve wat in 1994 soveel omstredenheid rondom die IK-kwessie, waaronder verskille in die gemiddelde intelligensievlakke van rasse, veroorsaak het. In sy resensie oor A troublesome inheritance praat hy van die “ortodoksie” aan Amerikaanse universiteite wat steeds die bewese werklikheid van ras en rasseverskille ontken:

And yet, as of 2014, true believers in the orthodoxy still dominate the social science departments of the nation’s universities. I expect that their resistance to “A Troublesome Inheritance” will be fanatical, because accepting its account will be seen, correctly, as a cataclysmic surrender on some core premises of political correctness. There is no scientific reason for the orthodoxy to win. But it might nonetheless.

Die feit dat Nicholas Wade se boek egter deur ‘n hoofstroomuitgewer gepubliseer is en in hoofstroomkoerante en -media bespreek word, verteenwoordig ‘n aanduiding dat die mure van politieke korrektheid besig is om te kraak, indien hulle nog nie heeltemal geval het nie.

Betalende lede van Praag wat belangstel A troublesome inheritance in elektroniese formaat te leen, kan ‘n e-pos aan inlig[by]praag.org stuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.