Massiewe wapenskandaal oopgevlek

Deel op
ukraineweapons
Hul regsverteenwoordiger, die Israeli-egpaar en hul dogter

‘n Massiewe vuurwapenskandaal waarby ‘n egpaar uit die Oekraïene betrokke is, is tans besig om in die Johannesburgse landdroshof te ontvou.

Die skandaal sal na verwagting lei tot ‘n grootskaalse ondersoek na korrupte polisiemanne wat wapens en ammunisie aan misdadigers verskaf.

Duisende wapens is tydens die vuurwapenamnestie van 2009 aan die polisie oorhandig en geoormerk vir vernietiging.

Maandag, verlede week, het die polisie toegeslaan op die huis van die Oekraïense egpaar Emma Shmukler-Tishko en haar man Mark, en beslag gelê op 112 aanvalsgewere , handwapens, kommersiële plofstof en slagdoppies.

Hulle het die wapenopslagplek tydens ‘n klopjag in ‘n agterkamer gevind.

Shmukler-Tishko se man word daarvan verdink dat hy ‘n internasionale wapenhandelaar is wat wapens aan geharde misdadigers uitverhuur.

Haar man Mark, is ‘n voormalige Israeliese soldaat. Hulle Malawiese huishulp , Endi Nkhoma, is ook glo deel van die misdaadnes.

Die drie het glo kontant en wapens en plofstof aan kapers, transitobendes en OTM-aanvallers verskaf. Dit is nie duidelik of hulle ook wapens aan plaasmoordenaars uitverhuur het nie.

‘n Polisiebron het gesê die drie verdagtes is die onderwerp van ‘n hoë-vlak-ondersoek. Die egpaar en hul dogter het die aanklagte teen hulle ontken.

Hulle lyk soos ‘n normale bejaarde voorstedelike egpaar, maar militêre en paramilitêre wapens, sluipskuttergewere is by die huis gevind. ‘n Polisie-ondersoekbeampte het gesê dit is nie die soort wapens wat ‘n mens sommer by ‘n wapenwinkel kan koop nie.

‘n R1-geweer wat by die Roodepoort-polisiekantoor in April 2010, tydens die amnestie, ingehandig is, was een van die wapens waarop beslag gelê is by die egpaar se huis in Norwood, Johannesburg.

In Mei is dieselfde geweer amptelik geneem uit die stoorkamer vir vernietiging. Dit is nie bekend hoe dieselfde vuurwapen in die besit van die Oekraïeners gekom het nie.

Ondersoekbeamptes het die reeksnommers van ander vuurwapens wat ingehandig is by polisiestasies regoor die land.

Martin Hood, van die SA Gunowners Association, is woedend oor die vonds.

Hood het gesê dit is duidelik dat die polisie nie ‘ n behoorlike beheerstelsel van vuurwapens in hul stoorkamers het nie.

“Is die polisie korrup in die hantering van vuurwapens? Heeltemal,” het Hood gesê.

Hy het onthul dat ‘n pistool , ingehandig vir vernietiging by Tugela Ferry-polisiekantoor, in KwaZulu- Natal, gebruik is in die moord van ‘n Gauteng Spar-supermarkbestuurder .

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.