Belgi? op die rand van verbrokkeling

Deel op
'n Duitse koerant het België die wêreld se suksesvolste mislukte staat genoem. Hoewel België steeds ekonomies gedy, het die verhouding tussen die Vlaamse noorde en die Waalse of Franssprekende suide verder versleg.

Deel op
Nie veel mense het dit agtergekom nie, maar België is tans sonder 'n regering. Verlede maand het die eerste minister, Yves Leterme, bedank en gesê dat die federale konsensusmodel sy perke bereik het.

Volgens die Franssprekende burgemeester van 'n klein dorpie buite Brussel, mnr. Thiéry, het die twee aparte kulture van België verder uitmekaar gegroei. Hoewel sy dorpie Franssprekend is, skree betogers by hul vergaderings dat Franse uit hul gebied moet padgee. Die Vlaamse owerheid weier ook om kontrakte aan Franssprekende onderwysers toe te staan.

Franssprekendes beskuldig die Vlaminge van taalkundige suiwering, hoewel Frans in die verlede die oorheersende taal in België was.

для автодиагностикиОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.