‘Palestynse regering van nasionale eenheid sal terreur versterk’

Deel op

hamasIsrael se premier het ‘n beroep op wêreldleiers gedoen om nie die Palestynse regering van nasionale eenheid te erken nie. Dié regering sal na verwagting gevorm word met die militante groep Hamas.

Benjamin Netanyahu het gesê die regering van nasionale eenheid sal “terrorisme versterk”, want Hamas vra glo vir die vernietiging van Israel.

“Die internasionale gemeenskap moet dit nie omhels nie,” het Netanyahu aan die begin van sy weeklikse kabinetsvergadering gesê.

Die Palestynse president Mahmoud Abbas sê sulke vrese is ongegrond. Hy het gesê die regering sal saamgestel word uit apolities tegnokrate en sal Israel erken en afstand doen van geweld .

Die nuwe regering is bedoel om ‘n sewe-jaar verdeling tussen Hamas en Abbas se mededinger Palestynse beweging, Fatah te beëindig.

Alhoewel Hamas nie in die regering sal sit nie, het hulle ingestem om dit te steun.

Israel sê Hamas wat as ‘n terroriste-organisasie deur Israel en die Weste beskou word, kan nie ‘n rol in die regering van die Palestyne speel nie totdat dit afstand doen van geweld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.