Vervolgingsgesag onseker oor aantygings van omkopery

Die Nasionale Vervolgingsgesag kan nie sê of hy die R30-miljoen se omkoopgeld wat Mbeki blykbaar ontvang het, gaan ondersoek nie.

Mbeki se woordvoerder Mukoni Ratshitanga, sê die president is besig om regsadvies in te win nadat die Sunday Times berig het dat hy omkoopgeld van 'n Duitse skeepsbouer, MAN Ferrostaal, aanvaar het.

Vrydag het die Mail & Guardian berig dat die oud-spioen Mhleli Paul Madaka, beweer het dat die Skerpioene bewyse het dat Mbeki die omkoopgeld van Ferrostaal ontvang het.

Maar die NV-woordvoerder Tlali Tlali het aan die media gesê die NV weet niks van Madaka en die bestaan van die beweerde inligtingstuk nie.

Madaka het verlede jaar in Augustus ná 'n geheimsinnige motorongeluk gesterf.

купить настольную игруданильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.