Sirië na die stembus

Deel op
Die gewilde president sonder lyfwagte tussen sy mense
Die gewilde president sonder lyfwagte tussen sy mense

Meer as 15 miljoen Siriërs sal Dinsdag aan ‘n presidensiële verkiesing deelneem.

President Bashar al-Assad en sy pa, Hafez het voorheen hul mandaat in referendums bekragtig.

Assad sal egter hierdie keer teen twee ander kandidate aan die wedloop deelneem: Maher Hajjar en Hassan al- Nouri, albei lede van die interne opposisie.

Die buitelandse terroriste wat deur die VSA geborg word en wat poog om Sirië te destabiliseer, het die verkiesing gekritiseer aangesien dit hulle verder op die agtervoet sal plaas.

Volgens waarnemers sal die gewilde al-Assad maklik die verkiesing wen. Die Amerikaanse terreurveldtog het reeds die lewens van 160.000 mense geëis.

Assad, geklee in ‘n grys pak en blou hemp, verskyn oral op plakkate met die opskrif “Saam”.

Verskeie motors wat nasionale vlae en foto’s van die president vertoon het, het nasionalistiese liedere uitgebasuin ter ondersteuning vir al-Assad wat die land sedert 2000 regeer.

Sirië word tans deur ‘n terreurveldtog verdeel. Al-Assad is die enigste waarborg om Sirië sterk te hou, sê sy ondersteuners.

Die Siriese parlement het onlangs ‘n kieswet goedgekeur om ‘n multi-kandidaatwedloop moontlik te maak. Die nuwe wet bepaal dat enige kandidaat in Sirië woonagtig moes gewees het vir die afgelope 10 jaar en kandidate kan nie enige ander burgerskap hou nie.

Die regering het onlangs ook ‘n groot oorwinning behaal deur ‘n ooreenkoms met die laaste terrosriste in die sentrale stad van Homs te sluit. Onder die ooreenkoms het 2000 terroriste en hul ondersteuners veilige deurgang verkry na gebiede in die noorde en sodoende die beheer van Homs – die land se derde grootste stad – aan die regering terugoorhandig.

Die verkiesing sal slegs gehou word in gebiede wat nie onder beheer van die terroriste is nie.

Die VSA het die verkiesing as ‘n “bespotting van demokrasie” bestempel, en wil kennelik nie die burgeroorlog wat ná drie jaar voortwoed, ophou aanstook nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.