Simpatie-staking in suikerbedryf beplan

Deel op

suikerDie voedselvakbond, FAWU het vroeër gesê ‘n simpatie-staking sal gereël word by alle maatskappye waar suiker as ‘n bestanddeel gebruik word, het RSG berig.

‘n Woordvoerder sê hy hoop dat vakbondlede in die voedselverwerking- en drank-vervaardigingsektore die staking sal ondersteun.

FAWU sal Maandag se vergadering tussen werkers en werkgewers bywoon om die salarisdispuut in die suikerbedryf te probeer oplos.

Sowat 5.000 werkers wat lede van Fawu is, staak sedert verlede Maandag nadat salarisonderhandelings skipbreuk gelei het.

Die vergadering is deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie belê.

Werkers eis ‘n elf-komma-vyf persent verhoging, terwyl werkgewers hulle aanbod van sewe-komma-vyf na agt-komma-vyf persent aangepas het.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.