Cholera nie in Bloemhof se water nie

choleraWatertoetsing in Bloemhof in Noordwes het aangetoon dat daar nie cholera teenwoordig is in die water nie.

‘n Hele aantal voorvalle van diarree is verlede verlede week in die sorp aangemeld.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het die waterkwaliteit in die Lekwa Teemane munisipaliteit getoets.

‘n Woordvoerder van die Instituut, Professor Lucille Blumberg sê die moontlikheid van cholera is uitgesluit, nadat die water negatief getoets het.

Blumberg sê die oorsaak van die probleem is eerder besoedelde water. Die instituut is besig om die water te toets vir ander siektes, insluitend gastroëntiritis.

Tientalle inwoners waaronder kinders en babas moes verlede week by plaaslike klinieke behandel word vir maagaandoenings.

Vyf baba’s is in die hospitaal opgeneem, waarvan drie dood is. Daar is gevrees dat dit dalk deur cholera veroorsaak kon gewees het.

Die minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, het intussen die Lekwa Teemane munisipaliteit besoek.

Volgens die minister is daar ernstige probleme met watertoevoer regoor die Noordwes provinsie, en in ‘n groot aantal gebiede moet water-infrastruktuur opgegradeer word.

Sy sê nasionale ingryping in die provinsie is onafwendbaar.

‘n Munisipale bestuurder van die munisipaliteit, Andrew Makuapan is intussen geskors hangende ‘n forensiese ondersoek na die raad se sake.

Sedert April is teister gewelddadige oproer die gebied. Die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo sê die finale forensiese verslag sal môre voor die uitvoerende raad van die provinsie dien.

Hy sê Makuapan is voorwaardelik geskors sodat die ondersoek glad kon verloop.

Julius Malema, EFF-leier het die gesinne van die drie kinders wat in Bloemhof in Noordwes dood is van besmette water aangeraai om regstappe teen die provinsiale regering te neem.

Die kinders, almal jonger as twee jaar, is dood aan ontwatering en nierversaking weens diarree. Die EFF in Noordwes sê die provinsiale regering het misluk om die water-infrastruktuur op die dorp te verbeter.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.