Skoonheid: ‘n Afrikanervisie

katedraalDeur Johann Theron.

Rekenaars en die internet se vooruitgang wat dinge soos Facebook moontlik gemaak het, is deesdae alledaags, maar wat mens uit die oog verloor is dat hierdie produkte in ’n geweldige wedywerende omgewing plaasvind wat Google, Yahoo en Apple insluit.

‘n Duisend jaar gelede was wedywering iets anders, miskien meer soos Maslow se teorie, waar die soeke na sekuriteit en kos belangriker geag was as die fyner en meer berekende strategiese denke vir selfverwesenliking. Een voorbeeld was die Katolieke Kerk wat uiteindelik die dominante Kerk van die Romeinse Ryk geword het ten spyte van die aanvanklike moordadige Christelike vervolgings en kruisigings.

Teen die 16de eeu het Protestantisme sy opgang gemaak, wat weereens gekenmerk was deur moord en doodslag en het ook onder andere gelei het na die aankoms van die Hugenote aan die Kaap. Vir die aanvanklike Hollandse inwoners was dit slegs ’n soort padkosstalletjie maar vir die Hugenote ‘n verlossing van mishandeling en ’n wêreld van skoonheid aan die Kaap van Goeie Hoop. Inderdaad is Franschoek en die Drakensteinvallei vandag nog een van ons mooiste plekke.

Die dominansie van die Katolieke Kerk na die aanvanklike wedywery met sy Romeinse Heersers, het pragtige Katedrale tot stand gebring, waarvan die meeste steeds staan en op die internet besigtig kan word. Die prestasie van daardie argitekte en kunstenaars is oorweldigend, sodanig dat mens eintlik ’n soort kruistog wil onderneem om dit persoonlik te gaan aanskou. Die woordkeuse van “kruistog” is reeds ‘n aanduiding dat geld en selfs geweld nie sulke pogings sommer in die wiele sal ry nie.

Maar die geskiedenis het ons ’n lekker streep getrek. Protestantisme moes nie na die Katolieke gekom het nie, maar eerder voor die tyd. Want waar die Katolieke “skoonheid” in hulle katedrale nagestreef het, het Protestante harde werk, integriteit en eerlikheid onderskryf – m.a.w. eenvoud. Die probleem wat dit skep is dat, volgens Maslow, ‘n mens eers die harde werk moet doen gevolg deur die meer geestelike selfverwesenliking wat Goddelikheid moet nastreef.

Redes hiervoor is dat mense 1000 jaar gelede nie kon lees nie en dat die Katolieke daarom eerder van beelde wou gebruik maak, wat goed gewerk het om bekeerlinge te maak. Vyfhonderd jaar later was Luther se besware op skrig gestel, en mense kon dus die geskiedenis herstel as’t ware.

Uit ’n meer filosofiese oogpunt was die Katolieke aanwending van prag en praal afgelei van die “meester moraliteit” omdat diktators 1000 jaar gelede die status van die dag was teenoor die meer “verslawende moraliteit” van ’n gereguleerde en eenvoudige produksie-omgewing in die 16de eeuse Duitsland.

Die geskiedenis van Suid-Afrika wys dat Protestantisme eerste hier was en dat Katolieke, Anglikane, ens. later gekom het. Die Afrikaner het dus die meer korrekte pad geloop om eers met harde werk en eenvoud hulself te vind, wetende dat skoonheid omtrent alles regverdig om daardie doel te bereik. Die voorbeeld van die oorweldigende skoonheid van Tafelberg en van die Monument is sprekend en mens sou verwag dat nog sulke skeppinge op pad is.

Die interessante van skoonheid is dat, al het mens die paadjie van eenvoud geloop, kom dit steeds nie vanself nie. Daar moet wedywering wees. Hierdie keer is dit nie fisiese bloed en sweet nie, maar trane. Om in Maslow se driehoek op te beweeg veroorsaak pyn wat erken moet word. In die moderne tyd moet die Afrikaner bereid wees om meer wedywerend te raak sodat sy trane geantwoord kan word in die bereiking van skoonheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Phillip

    Is onderstaande nie maar eie aan die Blanke Afrikaner nie? Ons was daar, en so sal ons weer bo uitkom met geloof, hoop en liefde, dan eers sal die volle skoonheid weer reg laat geskied. Ek hoop ek het jou rubriek reg verstaan.

    “Churchill het die verbeelding aangegryp deur ’n eenvoudige triade: “bloed, sweet en trane”.
    Lenin het dieselfde gedoen deur ’n ander drieslag: “vrede, brood en grond”.

    • Johann Theron

      Ons lot is direk gekoppel aan ons wedywerende vermoe. Dit geld vir kulturele, besigheid en politieke aspekte. Die motivering is skoonheid wat ons nog na strewe. Die Afrikaner kan homself dus hiermee bestuur deur wedywering te meet. Hierdie gereedskap kan baie handig te pas kom aangesien ons dit nie gebruik het 20 jaar terug nie, en daarom nie verstaan hoe ons nou hier geland het nie.

    • Kalium_Chloraat

      Vir Malan was dit my God, my familie en my volk.

  • henkst

    Waar Christene aanvanklik in eenvoudige geboue en woonhuise byeengekom het, verander dit vanaf die 4de eeu. Katedrale word net soos sommige Heidense tempels met goud en silwer versier en biskoppe styg op die sosiale leer. Hulle mag en gesag neem met rasse skrede toe en so ook hulle inkomste en hulle grondgebied. Le Goff meld dat die biskoppe van die 6de eeu slegs uit die adellikes bestaan het, wat almagtig was in hulle biskopstede en ook daarna gestreef het om ook almagtig te word oor die hele koninkryk. Hierdie biskoppe het ook begin om die lewe van die wêreldlike heersers suur te maak deur hulle gesag uit te daag. Ook was hierdie biskoppe gekant teen die hef van belasting deur die staat, want dit sou die inkomste van die kerke verminder. Verder neem die mag van kerk in die sesde eeu al sterk toe en baie sinodes het gegroei tot egte parlemente.
    Le Goff, Jacques: De cultuur van middeleeuws Europa. Wereldbibliotheek, Amsterdam, 1984. Uit Frans vertaal deur Roland Fagel en Luuk Knippenberg.

    • betzie

      Ja, die teenstrydighede in die mens se optrede , né .

  • Kalium_Chloraat

    Katolieke skoonheid in katedrale, ne? Katedrale is die een soos die ander, diep vervelig. Hierdie “goedkoper” toere na Europa noem ek ABC toere vir Another Bl00dy Cathedral. Die kastige “argitektuur”, die sonaanbiddingsimboliek, die weelde afgepers uit ‘n arm bevolking met aflaat, ens. Die leuse van die RK was mos “Laat ander vir ons werk.” Nee wat as jy een gesien het, het jy almal gesien.

    Ek verskil van Johann, ek dink die Afrikaner het vroeër die skoonheid in die eenvoud raakgesien sonder ‘n wedywering. Soos ‘n eenvoudige formule wat groot dinge akkuraat verenig mooi is vir die wetenskaplike, so is die eenvoudige en natuurlike mooi vir my. Fibonachi, die Goue verhouding/Goddelike verhouding, die natuurlike logaritme, pi, ens is vir my te mooi vir woorde, want dit dui op ‘n ge-ordenheid in die natuur te midde van ‘n ongeordende menslikheid wat chaos verheerlik. Skoonheid in die eenvoudige en die natuurlike. Dit lyk my voortdurend dat wanneer skoonheid in die komplekse konstruksie van mense gesien word, dan hoor ek die sleep van die draak se dekadente stert.

    • Johann Theron

      Lyk my jy stem eerder saam. Die Afrikaner doen dit regom en nie soos die europeers nie. Ons begin eenvoudig en gaan hopelik in Maslow se hierargie styg na skoonheid op dieselfde wyse. Maar as jy dink dat die ANC jou skoonheid vir jou gaan gee, dan is jy simplisties.

    • jan

      Kalium C en Johann Juslaaaaaik !!

      Hierdie hele onderwerp is uiterste kosbare waarheid.

      KC Mag ek maar jou kommentaar bêre by my Christelike juwele?

      Die vrugte van die gees / Innerlike skoonheid – wat ‘n ontsaglike groot onderwerp!!!Die nuutste Christlike Teologiese studie projekte gaan reeds oor Feminisme en Human Flourishing deur Serene Jones.

      ‘n Persoon en volk en gemeenskap sal alleen kan floreer in die regte omgewing.

      Soos ek dikwels geweeklaag het is my begaafde volkie se innerlike skoonheid beroof deur twee vieslike goor volksvreemde kultusse. die Ingelse en die Duitse baalkultusse.

      Soos die Duitsers en Russe ontsnap het uit hul goddelose afgodediens en nou eers na die grootste ramp weer begin floreer onder ‘n Christen feminis Merkel.en Christen Putin ‘ontsnap’ die innerlike skoonheid van hulle volke skouspelagtig na vore. .verstommende skoonheid van die Russe…..

      Net soos die Chinese – waar ons die innerlike skoonheid van hul mensepotensiaal gesien het [ 20 jaar gelede] onder goor en vieslikhede van Marxisme – het hulle nou ontsnap met die hulp van Duitse tegnologie en hulle eie innerlike skoonheid begin uitleef.

      Ja dis waar dat ook hier in elke dorp talle kerke en katedrale en Bokryerlosies en tempels en Masonic hotelle getuig van wat ? vra ek u ?Skoonheid? – ek weet regtig nie.

      Wat het van die Boere Protestantse Volk van Verwoerd se skoonheid geword? Is dit weg assof dit nooit bestaan het nie?

      Talle voorbeelde

      Dit was Popper dink ek, wat die mislukte staat beskryf het as ‘n masijien wat gaan staan en al die welvaart olie na die laagste punt toe dreineer naamlik die sakke van die skurke en maghebbers – wat meestal dieselfde poepolle is.

      Tsafendastan is ‘n goor voorbeeld van die hoogste ideale van die antii -gotters van Perskor en Nasty-pers se drekdrywery.

      Hierdie antitese van skoonheid spesialiseer in mental rebreathing soos ‘n brak wat opgekrul lê en slaap met sy snoet teen sy alie. Wanneer hy verstik van sy eie goor maag dan loop pis hy teen die hoogste bome.

  • Riempies

    Kan ons Afrikanervolk werklik oor die skok van totale onverwagte verlies kom?

    In twintig jaar het ons fluks deur al die stadiums van verlies gevorder – tot net kort voor aanvaarding – waarneming dui hoogstens op n tipe van gelate submissie – die aanvaarding egter is nooit bereik nie. Hierdie gebrek aan aanvaarding van status quo is wat ons uitlig tussen die ander volkere van die NSA, om die eenvoudige rede dat ons – hetsy bewustelik of onbewustelik deur bewese geskiedundigheid waarlik behoort.

    Kennis van hierdie feite word alreeds deur n deel van die Afrikanervolk benut en uitgeleef tot die maksimum – Dit is die deel van ons Afrikanervolk wat gestagneer het in bitterheid wat dit moet besef sodat skoonheid deur elke Afrikaner bereik kan word om ons Afrikanervolk uit tepresteer tot waar ons behoort en wil wees.

    Dankie Johann Theron vir hierdie kosbare wekroep.