Republiekdag en Hendrik Frensch Verwoerd

Dr. Verwoerd voor Groote Schuur, Kaapstad
Dr. Verwoerd voor Groote Schuur, Kaapstad

deur Marthinus van Bart

Op 31 Mei 1961 het Suid-Afrika ‘n republiek geword. Daarmee het hy sy algehele onafhanklikheid van die Britse Ryk verklaar, en hom losgemaak van die langarm-regering deur Londen wat selfs ná Uniewording in 1910 steeds gegeld het.

Suid-Afrika se lidmaatskap van die Britse Statebond is gevolglik opgeskort en hy moes opnuut daarom aansoek doen. Toe dit blyk dat die toegewings waarop lidlande aandring alvorens hy weer tot die liggaam toegelaat word, naamlik een man een stem – wat sou lei tot ‘n swart meerderheidsregering, te veel gevra was, het Suid-Afrika, onder aanvoering van dr. Verwoerd, sy aansoek teruggetrek en so sy selfrespek behou.

En in teenstelling met wat die teenstanders daarvan voorspel het, het die land van toe af ‘n ongekende maatskaplike opbloei vir al sy inwoners ervaar – wat as voorbeeld vir die res van die wêreld kon dien.
Voordat dr. Hendrik Frensch Verwoerd (1901-1966) op 2 September 1958 tot hoofleier van die Nasionale Party verkies is, en daarmee die sesde eerste minister van die Unie van Suid-Afrika geword het, was die land ‘n gestremde aanhangsel van die Britse Ryk.

Dr. Verwoerd, briljante akademies-opgeleide sosioloog en sielkundige, het die visie gehad dat ‘n onafhanklike Republiek Suid-Afrika die enigste oplossing op die land se probleme bied. Solank as wat daar volgens voorskrifte vanuit die buiteland, vernaamlik Brittanje, regeer word, sal die land en sy mense nie tot hul reg kom nie. “Ons moet ons hand self aan die ploeg slaan, in plaas van om bakhand te staan,” was Verwoerd se leuse. En hy het die daad by die woord gevoeg.

Die egpaar Verwoerd op Stellenbosch by hul eerste motor
Die egpaar Verwoerd op Stellenbosch by hul eerste motor

Soos verwag kon word, is sy aankondiging op 20 Januarie 1960 in die Volksraad dat ‘n referendum gehou sou word om vas te stel of die kiesers ‘n republiek wou hê of nie – ‘n meerderheid van een enkele stem sou die deurslag gee – met ‘n sterk negatiewe reaksie vanuit Brittanje en die ander Statebondslande begroet. Die Britse establishment het die Afrikaners en hul voorouers deur die hele geskiedenis heen as rebelle gebrandmerk, en nou was hierdie rebelle van plan om ‘n eertydse Britse kolonie uit hul magsgreep te ruk en in ‘n rebelse, onbeheerbare land te verander.

Niemand minder nie as die indertydse Britse premier, Harold Macmillan, is dadelik afgevaardig om ‘n stokkie voor republiekwording te probeer steek voordat die referendum kon plaasvind. Pas ‘n week ná dr. Verwoerd se aankondiging daag hy dan ook in Suid-Afrika op met die versoek om die parlement toe te spreek. Hy word toegelaat om die parlementslede toe te spreek, maar nie in die raadsaal van die parlement nie. Die eetkamer word vir die geleentheid ingeruim.

Sonder die hoflikheid om Verwoerd vooraf oor die inhoud van sy voorgenome toespraak in te lig, het Macmillan ‘n verbale bom laat ontplof: Brittanje was besig om al sy Afrika-kolonies onafhanklik te maak en terselfdertyd finansieel en andersins by te staan om hul voete te vind. “The wind of change is blowing through this continent,” het hy gesê. Die opkoms van die swart nasionale bewussyn moet aanvaar word, en ‘n vergelyk moet dienooreenkomstig getref word. Suid-Afrika se apartheidsbeleid is nie die antwoord nie. Daarmee het hy te kenne gegee dat die wit inwoners van Suid-Afrika, wat Brittanje aangaan, afskryfbaar was, en dat Brittanje se oplossing ‘n swart meerderheidsregering, verkry deur een man een stem, was. Word daar nie toegegee nie, kan die wêreldvrede weens die spanning tussen die Ooste en die Weste versteur word, het hy gewaarsku.

Verwoerd het hierdie sluipsalvo egter verwag, en toe hy die podium betree het hy sonder ‘n enkele nota in die hand op skitterende wyse Macmillan se spreekwoordelike “veranderende wind” uit die seile gehaal. Hy het daarop gewys dat Brittanje slegs die belange van die swartes van Afrika op die hart dra. Maar Suid-Afrika het ook wit inwoners, na wie se belange en veiligheid omgesien moet word. Suid-Afrika was ‘n ware wit Westerse land in Afrika. “We are white, but we are in Africa”, was sy woorde.

Hy het Macmillan oor sy onhoflikheid oor die kole gehaal: “Ons het genoeg vraagstukke in Suid-Afrika dat u kom om daaraan toe te voeg deur so ‘n belangrike verklaring te doen en van my te verwag om u in ‘n paar kort woorde te bedank.”

“Dit is inderdaad Brittanje se beleidsrigting wat groot gevare in Afrika inhou,” het dr. Verwoerd gesê. “Om aan almal reg te laat geskied, beteken nie net regverdigheid teenoor die swartman van Afrika nie, maar ook regverdigheid teenoor die witman van Afrika. Ons beskou onsself as deel van die Westerse wêreld, ‘n ware blanke staat in Afrika, nieteenstaande die moontlikheid om aan die swartman in ons midde ‘n volle toekoms toe te ken. Ons beskou onsself as onontbeerlik vir die blanke wêreld.”

Hierdie antwoord van dr. Verwoerd op die buiteland se onrealistiese en onsimpatieke aandrang op ‘n swart Suid-Afrika, het die aansien van hierdie staatsman nie net binnelands laat vermenigvuldig nie, maar ook in ander Westerse lande laat toeneem. En in weerwil van volgehoue, verskerpte boikot-aksies en sabotasie deur beroeps-oproermakers en hul betaalde handlangers, het die land op haas elke terrein vooruit gegaan teen ‘n tempo wat selfs die opposisie in die parlement verbyster het: “Suid-Afrika beleef ‘n oordaad van voorspoed,” het die gedugte opposisieleier van die progressiewes, mev. Helen Suzman, gesê.

Die Bruto Binnelandse Produk van die Suid-Afrikaanse ekonomie het jaarliks teen ‘n koers van 6% gegroei, terwyl die inflasiekoers 2% was. Die land was selfversorgend vir sy voedsel, terwyl hy ‘n vername uitvoerder van vrugte en graanprodukte geword het. Met die stigting van Sasol en die verkryging van brandstof uit steenkool, was die land besig om hom van sy afhanklikheid van die petroleum-oliemark te speen. Sy verdedigingsmag het een van die doeltreffendstes ter wëreld geword en die vervaardiging van pantsertuig, wapens, ammunisie en vegvliegtuie het goed op dreef gekom. Ook die Vloot is met verbeterde skepe en wapentuig toegerus. Kernnavorsing het met rasse skrede gevorder sodat Suid-Afrika ‘n wêreldleidende rol daarin begin speel het. Die geldstelsel is gedesimaliseer (Rand en sent), goudproduksie is verhoog – met Federale Mynbou wat ook Afrikaanse kundigheid toegang tot die mynwese gebied het. Nywerhede het sterk aangegroei en werkgeleenthede vir al die inwoners het vir ekonomiese opheffing van die hele gemeenskap gesorg. Net 5% van die swart bevolking was teen 1966 nog werkloos. Ook het die voorspoed en positiewe toekomsgerigtheid van die land meegebring dat beduidende getalle witmense van Europa en Australië hierheen geïmmigreer én burgerskap aanvaar het.

Vandag is meer as 40% van die land se swart inwoners sonder werk en heenkome, en voer hulle ‘n plakkers- en bedelaarsbestaan – met die gepaardgaande misdaad-epidemie van diefstal, roof en moord wat die land sedert 1994 teister. Van dié datum af tot vandag het die land se skuldlas van R294 miljard tot R1,4 triljard gegroei. Suid-Afrika is deur sy skuldlas alleen geheel en al verslaaf deur die internasionale geldmag, sy bankstelsel word vanuit Londen beheer, en sy natuurlike bates (van renosters tot aardgas, platinum en selfs visbronne) word van dag tot dag in ‘n hernude “Scramble for Africa” deur die aasvoëls van die wêreld gestroop.

Dr. Verwoerd en Dag Hammerskjold, sekretaris-generaal van die VVO
Dr. Verwoerd en Dag Hammerskjold, sekretaris-generaal van die VVO

Op 6 Januarie 1961 het die sekretaris-generaal van die Verenigde Volke Organisasie, deesdae bekend as die Verenigde Nasies, die Sweed Dag Hjalmar Agne Carl Hammarskjöld (56), Suid-Afrika besoek en indringende samesprekings met dr. Verwoerd gevoer oor die rigting wat Suid-Afrika met republiekwording sou inslaan, oor apartheid en die beweerde skending van menseeregte in Suid-Afrika. Hulle het mekaar gou gevind en Hammarskjöld is op toer deur die land geneem, onder meer na Transkei.

Hy het na afloop van sy toespraak gesê die samesprekings (daar was ses) was op die man af, konstruktief en van groot nut. Hy sou in voeling met dr. Verwoerd bly om later nog samesprekings te voer. Hy was kennelik beïndruk met sy gasheer en wat hy gesien en ervaar het. Op 18 September van daardie jaar is sy vliegtuig deur vegvliegtuie oor Ndola, Zambië, aangeval en afgeskiet. Op die grond is al die oorlewendes in die wrak doodgeskiet. Die VVO het gesê dit was ’n vliegongeluk, maar onafhanklike ondersoekers onder leiding van Göran Björkdal, ’n Sweedse hulplenigingswerker in Afrika, het bevind dat hulle inderdaad vermoor is in opdrag van Britse kapitaliste wat die minerale rykdomme van Katanga beheer het.

Op 5 Oktober 1960 is ‘n volkstemming of referendum oor die wenslikheid van republiekwording gehou. Die uitslag was 52% ten gunste van ‘n republiek. Tien dae later het dr. Verwoerd 70 000 mense by die Voortrekkermonument toegespreek: “Dit is die dag van gebedsvervulling,” het hy gesê.

Op 15 Maart 1961 het hy Suid-Afrika se aansoek om voortgesette lidmaatskap van die Britse Statebond teruggetrek, en op 31 Mei 1961 het Suid-Afrika amptelik ‘n republiek geword, met adv. C.R. Swart as die eerste staatspresident. Sy inhuldiging op dié dag was in die Grootkerk in Bosmanstraat, Pretoria, en die ander verrigtinge het op Kerkplein plaasgevind.

In sy eerste radiorede as premier van die Republiek van Suid-Afrika het dr. Verwoerd daarop klem gelê dat afsonderlike ontwikkeling die enigste manier was waarop minderheidsgroepe in Suid-Afrika beveilig kon word. Die beleid beoog nie die verdrukking van die swartmense nie, maar bied wel kanse vir almal. Die nasionale aspirasies van die swartes kon nie onderdruk word nie. Dit sou gevaarlik wees. Daar was agt swart etniese volksgroepe, en elkeen sou in sy onderskeie grondgebied onafhanklik met selfbestuur wees. ‘n Beleggingskorporasie is gestig vir die ekonomiese ontwikkeling van hierdie gebiede. Al die sakeondernemings daar moes egter swart wees.

Dr. Verwoerd het ‘n aansoek van die bekende Afrikaanse entrepreneur Anton Rupert dat sy Rembrandt-maatskappygroep in vennootskap by die swart tuislande betrokke raak, geweier. “Ek het dit nie soseer teen Rupert se planne nie, maar as ek die Rembrandt-groep daar toelaat, watter morele reg het ek om ander, soos Anglo-American, daar uit te hou? Veral die mynbou-groepe het nie sulke edele motiewe nie, en sal die tuislande se bates stroop. Dit kan baie maklik in neokolonialisme ontaard,” het hy gesê.

Hierdie besluit van hom om die internasionale sakewêreld betreffende Suid-Afrika se huishoudelike sake in toom te hou, het hom regstreeks in die visier van die gevaarlikste mense op aarde, die aartskapitaliste, geplaas. Van toe af was sy dae getel. Hulle het die geld, mag, invloed en metodes gehad om enigeen wat nie na hul pype dans nie en hul opponeer, permanent uit die weg te ruim. En hoewel hierdie samesweerders hul voetspore noukeurig doodgevee het, is daar vir die oplettendes verskeie leidrade op welke sluwe wyse te werk gegaan is om dr. Hendrik Verwoerd, premier van Suid-Afrika, in 1966 te vermoor.

Dr. Verwoerd en hoofman Leabua Jonathan van Lesotho
Dr. Verwoerd en hoofman Leabua Jonathan van Lesotho

Dr. Verwoerd het pas van Lesotho af teruggekeer waar hy hoogs suksesvolle samesprekings met hoofman Leabua Jonathan oor toekomstige samewerking met Suid-Afrika gevoer het. Dit was sy eerste premiersberaad met die leier van ‘n onafhanklike Afrika-staat. Hy sou na verwagting die volksraad oor hierdie geskiedkundige gebeurde toespreek, toe hy ten aanskoue van sy kabinet grusaam vermoor is.
Die dubbele drama van die uitwissingsveldtog gerig op die persoon van dr. Verwoerd, herinner sterk aan Shakespeare se Macbeth en Hamlet:
Op 9 April 1960, nog voor republiekwording, het ‘n skatryk melkboer van die Witwatersrand, David Beresford Pratt, Verwoerd by sy openbare optrede by die Paas-tentoonstelling in Milner Park, Johannesburg, tromp-op met ‘n rewolwer twee skote in die kop geskiet. Verwoerd het die aanslag wonderbaarlik oorleef. Pratt, ‘n psigiatriese pasiënt met epilepsie en depressie onder lede, het in aanhouding glo selfmoord gepleeg, of was dit sy hanteerders wat hom uit die weg geruim het om sy mond te snoer? As gesiene lid van die Engelse gemeenskap aan die Witwatersrand en welvarende melkboer wat met sy Willowvale-melkafgeweringsdiens duisende huishoudings aan die Wesrand daagliks van melk voorsien het, het hy geen persoonlike grief teen dr. Verwoerd kon koester wat dwingend was dat hy die premier moes vermoor nie.

Dr. Verwoerd gewond deur David Pratt
Dr. Verwoerd gewond deur David Pratt

Op 6 September 1966 het ‘n skisofreen en gelyste, ongewenste, kommunistiese immigrant, Dimitrio Tsafendas van Mosambiek, wat op uiters vreemde wyse toegang tot die land verkry het en, nog vreemder, aangestel is as bode in die hart van die parlement, dr. Verwoerd vier keer met ‘n dolk in die bors gesteek waar hy in die raadsaal se premiersbank gesit het. Hierdie keer het die eerste minister nie aan die dood ontkom nie en het hy binne vier minute gesterf.
Tsafendas is nooit verhoor nie omdat die hooggeregshof in ‘n spesiale ondersoek bevind het dat hy as skisofreen nie vir sy dade aanspreeklik gehou kon word en ingevolge wetgewing nie verhoor kon word nie. Hy is lewenslank in ‘n tronkselle en die Sterkfontein-gestig opgesluit, waar niemand hom te woord kon staan nie, en hy is op 7 Oktober 1999 daar dood. Hy is op die hospitaalterrein in ‘n ongemerkte graf begrawe.
In teenstelling daarmee het groot getalle veroordeelde terroriste wat veelvuldige moorde op onskuldige Suid-Afrikaanse burgerlikes gepleeg het, in die 1990’s voor die voet amnestie gekry en is uit die tronke vrygelaat. Verskeie van hulle is vir hul bloeddorstigheid en genadeloosheid beloon met hoë poste in die staatsdiens, selfs as offisiere in die polisiediens. Vir Tsafendas, egter, was daar geen amnestie nie. Hy moes sy geheime saam graf toe neem.

Dr. Verwoerd pas vermoor deur Dimitri Tsafendas
Dr. Verwoerd pas vermoor deur Dimitri Tsafendas

Kort na Tsafendas se moordaanval op dr. Verwoerd het hy psigiatriese waarneming vir doeleindes van die hofondersoek ondergaan. Hy het aan een van die sielkundiges, prof. A.J. Van Wyk, gesê dat iemand of iets hom beheer het en hom opdrag gegee het om dr. Verwoerd te vermoor. Hy het onsamehangend van ‘n “demoniese lintwurm” gepraat. Aan ‘n ander psigiater, dr. I. Sakinofski, het hy gesê dit was asof hy gehipnotiseer was, want hy kan nie onthou wat gebeur het nie. Ook het hy van sy denkbeeldige lintwurm en demoon gepraat wat “reg in die middel daarvan” was. Hy kon nie verduidelik wat hy daarmee bedoel nie. Ook hoe hy na Suid-Afrika gekom het en met watter doel, het hy gesê hy kan glad nie onthou nie.
‘n Mede-bode het vertel dat Tsafendas enkele minute voor die moordaanslag op Verwoerd aan hom gesê het iemand gaan hom dalk bel.

Wie sou hom kort voor die moordaanslag bel, en wie was dit wat hom opdrag gegee het om die moord te pleeg? Was daar ‘n telefoonoproep van ‘n hanteerder of opdraggewer? En waarom kon hy al hierdie dinge nie onthou nie? Was hy dalk deur iemand tydens hipnoterapie in ‘n gestig of kliniek gebreinspoel om die misdaad te pleeg, asook om van die terapeut en sy terapie te vergeet? En hoe was dit vir Verwoerd se opvolger, B.J. (John) Vorster, moontlik om ‘n dag ná die moord reeds in die openbaar te verklaar dat die moordaanslag die daad van ‘n enkeling was, terwyl die ondersoek na die gebeurde nog nie eens begin het nie?

Die opspraakwekkende biografie van dr. Alan Bird
Die opspraakwekkende biografie van dr. Alan Bird

Op hierdie kwelvrae word op opspraakwekkende wyse lig gewerp deur dr. A.V. (Allan) Bird, gesiene neoroloog van Simonstad, in sy biografie, Bird on the Wing, wat in 1992, die jaar dat hy op 76 jaar oorlede is, in ‘n beperkte oplaag gepubliseer is. Die boek is nie wyd bekend gestel nie, en die media wat daarvan bewus was, het daaroor geswyg.
Bird skryf dat hy in 1953 ‘n Joodse psigiater (sy naam en van word in die boek vermeld) ontmoet het wat ook lid was van die SA Kommunistiese Party. Hy het ‘n vennoot in Bird se praktyk geword, en het laasgenoemde saamgenooi om van die geheime vergaderings van die kommuniste by te woon. Daar het hy onder andere Joe Slovo en Nelson Mandela ontmoet. Omdat die atmosfeer by hierdie vergaderings ernstig landsondermynend was, het Bird besluit om liefs daarvan weg te bly.

Kort voor die eerste aanslag op dr. Verwoerd se lewe op 9 April 1960 deur David Pratt, het Bird se vennoot aan hom gesê dat Verwoerd geskiet gaan word. Hy (Bird) was aan diens in die Johannesburg-Hospitaal toe die gewonde eerste minister die middag van die moordaanslag met skietwonde aan die kant van sy kop ingebring is vir noodbehandeling. Die volgende dag is hy vir sy eie veiligheid na die Algemene Hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

Die sluipmoordenaar Pratt was ‘n psigiatriese pasiënt van sy vennoot, skryf Bird. “Ek het tot die konklusie gekom dat my kollega en Pratt die plan beraam het om Verwoerd te skiet. Aangesien Pratt ‘n epileptiker was wat aan enstige depressie gely het, sou hy ingevolge die Wet op Geestesgesondheid van 1916 as geestesversteurde nie verhoor kon word nie,” skryf Bird. In ag genome Pratt se toestand van terneergedruktheid en sy aanhouding sonder medikasie in ‘n gestig, waar hy ook epileptiese aanvalle gekry het, is selfmoord inderdaad die waarskynlikste verduideliking vir sy dood, skryf hy.

Na die inhegtenisneming 1963 by Rivonia van Nelson Mandela, Joe Slovo en ander kommuniste deur die veiligheidspolisie, wou Bird se vennoot, wat ook mede-stigter was van die militante ANC-vleuel Umkhonto weSizwe, land-uit vlug. Hy het betreklik gou ‘n pos as psigiater in die Brighton-hospitaal vir geestesversteurdes in Londen bekom, asook een as ‘n konsultant-psigiater in die Maudsley-hospitaal in die Britse hoofstad.

Dit was vir Bird duidelik dat sy eertydse vennoot geen blinkogige vryheidstryder met vrome, medemenslike ideale was nie, maar inderdaad lid van ‘n internasionale terroristegroep wat wêreldmag manies nagejaag het. Hy het ‘n afspraak met die veiligheidspolisie gemaak en hulle alles van sy vennoot se doen en late en sy betrokkenheid as psigiatriese terapeut van David Pratt vertel.

Op 6 September 1966 het die skoknuus gekom dat Dimitri Tsafendas in die raadsaal van die parlement die eerste minister met ‘n dolk vermoor het. Bird het van kollegas in die mediese wêreld verneem dat Tsafendas in die hoë sekerheid Brighton-kliniek in Londen psigiatries behandel is voordat hy met ‘n aansienlik bedrag geld na Suid-Afrika gekom het. Dit is dieselfde kliniek waar sy eertydse kommunistiese vennoot in 1963 ‘n heenkome as konsultant-psigiater gevind het. Bird het dadelik vermoed dat sy voormalige vennoot vir Tsafendas, net soos Pratt, as pasiënt gehad het en dat hy hom met psigiatriese terapie gekondisioneer het om Verwoerd te vermoor.

Een van Bird se mede-dokters was van mening dat Tsafendas se dolksteke in die borskas van dr. Verwoerd, waarvan twee regstreeks die hart en aorta getref het, ongetwyfeld vooraf geoefen moes gewees het – waarskynlik op ‘n lyk. Tsafendas het klaarblyklik opleiding van ‘n ekspert-anatomis ontvang om sy kaphoue met die dolk so akkuraat te kon rig, het die medikus gesê.

Bird het weer eens besoek aan die veiligheidspolisie gebring en alles wat hy van sy oud-kollega en sy vermeende psigiatriese betrokkenheid by Stafendas weet, vertel. Hy is deur ‘n offisier meegedeel dat hulle daarvan bewus was dat Tsafendas reeds in Suid-Afrika ‘n psigistriese pasiënt van Bird se voormalige kollega was voordat hy (die psigiater) na Londen gevlug het.

As die veiligheidspolisie op hoë vlak bewus was van die kommunis Tsafendas se curriculum vitae en van sy bewegings, asook van sy terapeut s’n, hoe was dit dan moontlik dat hy as bode van die parlement in diens geneem kon word waar hy regstreekse toegang tot die persoon van die eerste minister kon kry in ‘n gedeelte van die raadsaal waar nie eens gewone parlementlede of die lyfwagte van die premier mag kom nie? wil Bird weet.

Bird skryf hy is van mening dat die moord op dr. Verwoerd met militêre presisie deur drie groepe eksperte beplan is: Mediese spesialiste op die gebied van die toraks-snykunde, psigiaters en spesialiste in die regte met regstreekse toegang tot Suid-Afrika se veiligheidsdienste.

“Die pad van die Afrikanervolk loop nie deur die konstitusionele kontrepsies van ‘n veelrassige parlement en kabinet nie, maar deur die bloedplas in die parlement waar dr. Verwoerd gesterf het omdat hy nee gesê het vir verandering van sy volk se beginsels en waardes, nee vir onderhorigheid aan Brittanje en Amerika, nee vir valse vrede met Afrika-state, nee vir rassevermenging, en nee vir broederskap met die geldmag. Dit is waar die Afrikaners die spoor van vryheid weer moet opvat waar dit doodgeloop het op 6 September 1966.” – Jaap Marais, 4 Mei 1984.

Bronne:

Verwoerd: So onthou ons hom, saamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd, Protea Boekhuis, 2001.
Die moord op dr. Verwoerd deur J.J.J. Scholtz, Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1967.
Bird on the Wing deur A.V. Bird, South African natural History Publications, Simonstad, 1992.
Afspraak met die toekoms deur Jaap Marais, LW Uitgewers, Pretoria, 2001.
Verwoerd aan die woord: Toesprake 1948-1962, Afrikaanse Pers-Boekhandel, Pretoria, 1963.

marthinus_van_bartMarthinus van Bart is kultuurspesialis wat 38 jaar lank aan Die Burger (Naspers) verbonde was. Hy skryf nou onder meer vir die FAK se webtuiste op die werf KultuurKroniek. Die volgende boeke het reeds uit sy pen verskyn: Vir Vryheid en vir Reg: ‘n Anglo-Boereoorlog-Gedenkboek, Songs of the Veld and Other Poems, ‘n Engelse digbundel oor die Anglo-Boereoorlog, Kaap van Slawe: Die Britse slawebedryf van Elizabeth I tot Alfred Milner, en (as redakteur) Die Nasionale Vrouemonument Honderdjarige Herdenking: Verlede – Hede- Toekoms. Kontak per e-pos: kultuurkroniek@gmail.com

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Marthinus, dankie vir dié artikel. En vandag vervloek die Afrikaners die man wat sy lewe vir hulle gegee het en val op hul knieë voor Helen Zille!

    Maar al is daar net tien ware Afrikaners oor wat ons geskiedenis, ons taal, ons letterkunde, tradisies en kultuur eer, dan is ons nog nie uitgewis en vergete nie.

    • Trippie

      Van my kant af ook – BAIE DANKIE vir die uitstekende artikel.

      Soos u bewus van is, is en sal Dr Verwoerd ALTYD my ikoon wees.

      Dr Roodt, u slotparagraaf hier het soveel TREFKRAG, ja, ek raak emosioneel daaroor. Tel my by onder daardie tien ware Afrikaners.

      SONDAG : 17:51

      • Trippie

        Ter Herdenking van Suid-Afrika se 53ste Republiekdag – met dank deur SA PATRIOT spesiaal vir my geplaas.

      • Rooikop

        Lanklaas gesien Trip, welkom terug.

        • Trippie

          Dankie Rooikop.

      • ss

        Almal het vir Trippie gemis. Bly jy is terug

        • Trippie

          Julle maak my hart sommer warm klop SS – lief my mense. Dankie hoor.

          Wie onthou Ian Smith se woorde : “On hearing of Dr. Verwoerd’s assassination, the then Prime Minister of Rhodesia, Ian Douglas Smith said..

          “To those who knew him personally, and I count myself as one of those who had this privilege.

          His deep sincerity in everything he undertook, his gentleness and his kindness towards all people.

          His championing of civilized and Christian ideals, and his wise counsels in times of peace and adversity will be greatly missed.”

  • jan

    Wat ‘n wonderlike vreugde om die reine waarheid te lees tussen die immer goor doodse geroggel van die Tsafendastan.
    Dis hoekom ons instinktief geweet het dat Orania uiteindelik uitkoms en suksesvol sal wees – want daar is geen ander keuse vir oorlewing vir die Afrikaner /Boere nie.
    Die Vrymesselaars – en die Nazis – Baalkultusse het ons nou in ‘n kommunistiese ateistiese rampokkerstaat ingedwing met die hartlike steun van Naarpes.

    Gelukkig het God vir ons deure oopgemaak – wat voorheen nie duidelik was nie word nou aangegryp deur die wat werklik belangstel in die toekoms van ons kinders se land.

    Maar ons sal dit self moet doen want ons het wat nodig is daarvoor.

  • Rooikop

    Wat baie duidelik word uit hierdie artikel is dat Verwoerd TEEN die geldmag se wense in opgetree het.

    Ten eerste het hy vir Rupert uit die tuislande gehou – daarmee saam ook die Anglos ens – soos hierbo vermeld. Hierdies kon dus nie plunder en tekere gaan soos in die res van Afrika nie. Verder is ZA onder Verwoerd se leiding losgemaak van die rokspante van die kwien – die statebond is mos maar net ‘n kultus van kwienaanbidders – Hiervoor is hy ook gestraf met die dood.

    Een ding wat my opval is die skrale meerderheid van 52% waarmee toegestem is vir die Republiek. Dan wonder ons hoekom daar so baie DA aanhangers is? Dan wonder ons hoekom net 5000 stem vir selfbeskikking? Is dit nie juis uit die wittes wat oorgebly het in die land (Pratt was wit, Slovo was wit ens) wat die moord op Verwoerd beplan is nie? Hamerskjold is ook vermoor en juis uit sy vaderland het ZA van die grootste teenstand gekry (Swede is so pienk dat mens daarvan wil naar word)

    Ek was altyd onder die indruk dat ‘n groot meerderheid pro-republiek was (duidelik is my geskiedenis onderrig bedenklik) maar die klein meerderheid wys vir my dat ons nog altyd verdeeld was en dat die kwienaanbidders nou eers weer hulle sin gekry het – en dit juis met al die broeders wat vir Verwoerd opgevolg het (Vorster, Botha, De Klerk ens was almal ‘n spul lafaards in my opinie wat nie een die ghoens gehad het om brittanje aan te vat nie) –

  • jan

    Was Tsafendas nie ‘n werknemer by Rupert se tabakfabriek oorsee nie?

    • Eric Bornman

      in Brits. Genl Van Den Bergh, wat ook sy klaring in die parliment geteken het, het hom Washington toe gestuur vir opleiding.

  • Trippie

    Pragtige skrywe jongman. My dank hierbo teenoor jou uitgespreek vir die skakel na die Herdenking.

    • Riempies

      Trippie wat n vreugde om jou weer hier te sien – waar was jy? ons het jou baie gemis!

      • Trippie

        Goeie more Riempies. Baie dankie !

        2 Junie 2014 – Maandag, 05:30

        • Riempies

          Goeiemore Trippie ek mis ook vir JAVR en haar humoristiese
          insette en Dolk se sagte raakvat – Hoop maar hulle lees hier en maak Praag weer voltallig. Elke gereelde kommentator
          hier op Praag se plekkie is leeg as hulle nie hier is nie.

          • Trippie

            Stem 100% saam met jou !

        • JuliAss

          Hau, u beck!!?? where you were? on a loooong holliday, like all you Imperialists.

    • Andy

      More, Wat sal mens sê, welkom terug “praagie”

  • Johann Theron

    Wonderlike artikels vandag op Praag. Mag ek aanvoer dat ons duidelik gestrewe het na vryheid in daardie tye, Maar dat ons dit eintlik verskuldig is aan hierdie mense wat hulle lewens gegee het, om te streef na skoonheid, want dit is eintlik daardie vryheid van gedagte wat ‘n mens sulke opofferinge kan laat maak, en die trane die moeite werd maak. Soos die bloukrans opoffering wat gelei het tot die Monument of die protestante uitdelging wat Hugenote in die pragtige Franschoek geplaas het langs ons taalmonument teen die agtergrond van ons erfenis in die ikoniese Tafelberg. Al daardie is nie regtig geskiedenis nie, maar ons skone doelwitte

    • Andy

      More Johan, Hier kom dit nou!!!!

  • Willem

    Baie dankie vir ‘n briljante artikel. Ek bly altyd verstom oor watse krities belangrike inligting alles in die openbare domein is, soos hierdie boek “Bird On The Wing”, maar wat net doodgeswyg word deur die hoofstroom media, dat niemand daarvan weet nie. Ek het dieselfde gevoel gehad toe ek die boek van Eben Barlow “Executive Outcomes” lees, hoe blatant De Beers, en ander Britse maatskappye, die Angolese burgeroorlog uitgerek het.

  • Karel Combrinck

    Dankie, mnr van Bart vir hierdie uiters welkome artikel oor ons Republiekwording en die argiek daarvan, Dr Verwoerd. Andries Pretorius, Generaal Christiaan De Wet, Generaal JBM Hertzog, Dr Malan, Mnr Jaap Marais – die grootstes uit die Afrikanervolk. Maar die uitnemendste van almal, Dr Hendrik Frensch Verwoerd. Hy het die grootste bydrae gemaak en die hoogste prys betaal.
    “Ons moet die hand self aan die ploeg slaan, plaas van om bakhand te staan”, was Dr Verwoerd se leuse. Kom ons doen dit. Dis al manier dat ons sy nagedagtenis kan eer en die addergif van MacMillan en Tsafendas onklaar kan maak.

    • Andy

      More Karel, ek stem saam met jou in elke opsig en is ook dankbaar vir die besonderse mooi artikel deur Mnr van Bart. Dit kom ek glo op die regte tyd. Niks is toevallig nie. Mag dit ons aanspoor om nou juis te begin werk in daardie selfbeskikkings rigting. Waar is die manne wat gaan hande opsteek?

  • Hermann

    Terugkyk, omkyk, Lot se vrou.

    • Riempies

      As mens nie jou geskiedenislesse geleer het en onthou nie waaraan gaan jy jou agteruitboer of vordering meet? Dit is juis ons probleem – redenasies soos joue wat nooit iets geleer het uit ons volk se foute nie wat ons vandag kielhaal.!

      Jou konteks van Lot se vrou ontwyk my.

      • Hermann

        Dit verbaas my nie.

        • Riempies

          Jou verbasing al dan nie het geen nut vir my nie – sou jy
          wel n mening oor jou onderwerp en my repliek gehad het verander dit natuurlik die hele saak, en kon mens miskien daaroor gedebatteer het.

        • betzie

          Daar is natuurlik ook ander gebeure in die Bybel wat mens kan inspireer , Herman . Soos die die Gideonsbende verhaal . Jy weet , die klein groepie ?

    • Gas

      Nuttelose kommentaar.

      • Andy

        Sê Wie.

        • Gas

          Sê ek, tensy Hermann sy stelling wil verduidelik en wat hy daarmee wou bereik.

          • Andy

            Eina. of sal ek sê: Sa vat hom Vlafie.

    • Hans Onrust

      kunt u dat de tot vervelens toe met herhaald borstgeroffel van waardeloze anti apartheid strijders en hun ‘heldendaden’ en zelfzuchtige leiders van deze gefaalde staat niet eens toewerpen ?
      Of Barry de fantast en notoire leugenaar en halve waarheden verteller, als ie zonodig weer fantasieloos en doorzichtig in de zwarte pimpernel z’n vermeende cel quasi nadenkend uit her raampje kijkt.

      Of de tot in lengte van dagen honderden miljarden zware wereldwijde holocaust industrie, die door Le Pen sr. een detail worden genoemd maar zo langzamerhand de hele WOII gaan opeisen voor ongelimiteerd verhaalsrecht gebaseerd op een leedmonopolie. Terwijl bv. de holodomor, met een cruciale rol aan dader kant in de kelder MOET blijven.

      Alle desinformatie en leugens en verdraaiingen aangaande het historisch draaipunt van de moord op Verwoerd in directe samenhang met de moord op Kennedy onder verdringing van de heersende geschiedschrijving nopen nu eenmaal volstrekt logisch tot incidenteel teruggrijpen.

      Zo zit bv. de moord op Fortuyn in Nederland (laat ons snel doorgaan tot de wanorde van de dag) ook nog lang niet niet lekker.

      • Riempies

        Goeiemore Hans – uitstekend raakgevat. Ek het ook die
        gelykmaker tussen die moord op Kennedy en die verval van Amerika en die moord op dr. Verwoerd en die val van Suid Afrika raakgesien.

        Hans wat is jou mening oor die – wat ek renaissance van van
        die Europese mense noem? Weliswaar klein maar dit kan ook nie meer misgekyk word nie volgens my mening.

        • Hans Onrust

          Goede morgen Riempies. Hoop doet leven.

          Het is m.i. meer dan wenselijk dat de vrijheid van spraak(meningsuiting, speech, Meinungsäusserung) onder de beklemmende zo niet wurgende macht van racisme en grote broer anti semitisme om de hals van elke kritiek en waarheidsvinding uit kan komen. Aan de woorden van Henri Levy de ‘franse filosoof'(in feite een slappe politicus) actueel op AL Jazeera te meten, zal dit in Frankrijk nog even duren.
          Hopelijk belanden we niet in eindeloos (EU) links rechts geneuzel terwijl de christelijke beschaving het ravijn in dondert omdat de verwoestende invasie van Afrikanen/Moslims doorgaat. En ook niet in omzetting tot (burger)oorlog met wederom wat ‘kosmopolitische bookmakers’ als voorspelbare winnaars.
          De door elkaar zijnde raaskallende man ziet nl. een toekomst in een mix uit integreren en multi culti ! Niet wat betreft de lasten in materiële en personen schade.

          Her en der in West Europa is o.m. de rechterlijke macht, in Nederland hebben uit linkse kanalen komende rechters 20 nevenjobs, uitsluitend bezet met grote voorvechters van de eruit resulterende ‘gelijkheid’. Wat na WOII immens veel onrecht en slachtoffers over de wereld bracht.

          In de zogenaamd vrije democratische landen moeten de woorden, zelfs een schreeuw om hulp, nog steeds flink afgewogen worden.
          Maar goed, er zijn tekenen van verlichting.
          Om er nog 1 uit het historisch veld te noemen. Het boek ‘Grijs verleden’ van Chris Verheijen. (mocht èn kon, zomaar tegen de monopolistische opgedwongen werk van de ongenaakbare De Jong ingaan. Ook en juist op het vlak van geschiedschrijving moet het onderzoek ook via de bankwereld gefinancierd worden)

          Het ga u goed.

          • Riempies

            Hans as ek jou reg verstaan is daar tog n dowwe liggie ver
            vorentoe in die donker tonnel. Jy moet ons tog laat weet van enige en elke nuwe verwikkeling (hoe klein ookal) in die verband in Europa wat jy waarneem ek sal dit baie waardeer. Die meeste koerante is maar eensydig met hulle beriggewing en word ook seker maar deur die NWO beheer.

    • Andy

      More Herman,Nee Ouditering.

  • betzie

    Wat my opval , is die kort tyd ons gegun . Vanaf 1961 tot 1994 net 33 jaar .

    • Andy

      More Betzie, jy is reg en kyk net wat was daar vermag in daardie tyd, en twintig jaar later 2014 is alles vernietig, Die SAW, Hospitale, Universiteite, Onderwys(spesifiek skole), paaie, Mynwese, ens.

  • Eric Bornman

    n Leier soos Dr. Verwoerd is skaars.

    Die Britse gepeupel wat agter alles sit haat die Boer, tot van dag nog, hulle ondergang is op pad, ek sal juig.
    “Strange” hoe baie sluipmoordenaars, op eindig in mal-huise……… CIA, MI5 sorg vir hulle handlangers…….

    • Phillip

      Ek sal saam met jou juig Eric.

  • Arnieann

    Uiteindelik iets wat gelees kan word om ons weer op die spoor te plaas, en te hou

    Dankie hiervoor Marthinus van Bart.

  • Willem De Jager

    Wat ‘n stuk! Dit was soos om ‘n inspirerende film te kyk. Dankie, Marthinus. So sal die waarheid ons stadig maar seker vry maak.

    • Andy

      Willem, jy kan dit weer sê.

  • Willem Frost

    Wat n uitstekende stuk werk! n Moet-lees vir ons kinders.