Plaasaanvallers slaan 2 keer in 4 weke toe

Deel op

plaasPlaasaanvallers het twee keer in vier weke op ’n plaas in Delmas toegeslaan.

Die stasiebevelvoerder van die Delmas-polisiekantoor, sê dit is “bisar” dat aanvallers binne vier weke op een plaas toeslaan.

Die drie gesinslede is Dinsdag met ’n stry­kyster gemartel, het Beeld berig.

Jan Berg (78) is op sy agterstewe gebrand, sy dogter, Riana (45), op haar wang en bene. Vier weke gelede is Jan se vrou, Ina (75), op die wang gebrand.

Jan is toe ook met ’n geweerkolf op die voorkop geslaan.

Die aanvallers het by vorige geleenthede kontant, ‘n voertuig en ‘n wapen gebuit na doodsdreigemente.

Die gesin het intussen diefwering en veiligheidshekke laat aanbring, maar die swart aanvallers het weer Dinsdag die eiendom binnegedring.

Drie swartes is Woensdag in hegtenis geneem. Die gesin het een verdagte uitgeken wat Vrydag in die Delmas-landdroshof op aanklagte van huisroof en aanranding met die opset om ernstig te beseer, sal verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.