Gigaba kondig nuwe verblyfregulasies aan

Deel op
Malusi Gigaba
Malusi Gigaba

Die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, het gesê diegene wat meen dat die wysigings aan immigrasieregulasies ongrondwetlik is, moet dit na die hof neem.

Gigaba het belangrike wysigings rakende buitelanders se verblyfvoorwaardes in Suid-Afrika bekend gemaak.

Die maatreëls sluit in dat alle kinders wat reis hulle eie paspoorte moet hê en dat permitte vir studie se voorwaardes streng toegepas sal word vir die tydperk wat toegewys word.

Sakelui met visums sal ook ten minste van 60 persent plaaslike arbeid gebruik moet maak.

Hy sê besoekers wat hulle verblyfvoorwaardes aan die land oorskry sal nie langer beboet word nie, maar as ongewens verklaar word.

Permitte aan Zimbabwiërs, bekend as visums, verstryk vanjaar maar Gigaba sê “baie dinkwerk” is nodig voordat die regering sy beleid oor immigrante uit Zimbabwe sal aankondig.

Die permitte wat uitgereik word kragtens die spesiale bedeling sal verval, en die departement se syfers dui daarop dat byna 250.000 mense permitte onder die Zimbabwe Document Project ontvang het.

In Maart het die minister van binnelandse sake Naledi Pandor gesê permithouers sal weer aansoek moet doen vir hul permitte in hul land van herkoms .

Donderdag het Gigaba gesê die omstrede nuwe visumregulasies vir besoekers aan Suid -Afrika is ten volle grondwetlik.

Global Migration SA het gesê die wysigings is ongrondwetlik en kan lei tot litigasie teen die regering. Die maatskappy hanteer aansoeke vir die VSA en Brittanje.

“Hierdie nuwe regulasies kan litigasie met betrekking tot voor die hand liggend weglatings en grondwetlike kwessies veroorsaak,” het die besturende direkteur Leon Isaacson gesê in ‘n verklaring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.