Tempo van Amerikaanse penetrasie in Afrika versnel verder met Boko Haram

Deel op
Hollande al hoe ongewilder in Frankryk
Hollande se gewildheid krimp in Frankryk

Die tempo van Amerikaanse penetrasie in Wes-Afrika het dramaties versnel sedert 2011 nadat president Barack Obama Libië aangeval het.

‘n Vloedgolf ekstremiste en wapens is tans besig om die Sahel te destabiliseer.

Chaos het uitgebreek in die streek. Sommige meen dit is ‘n bonus vir Amerikaanse militêre beplanners wat ‘n rede soek om groter missies te ontplooi op die vasteland.

NAVO se aggressie het spoedig tot die Franse en Amerikaanse besetting van Mali en Niger gelei, bemagtig deur Amerikaanse bomme, wapens en geld.

Die Yoruba-sprekende krygers van Boko Haram het dus aan Africom ‘n gulde geleentheid gegee om die meer as 200 skoolmeisies met ‘n “humanitêre” intervensie in Nigerië te red.

Intussen het staatshoofde van Nigerië, Tsjad , Niger , Benin en Kameroen in Parys ontmoet waar hulle “totale oorlog” teen Boko Haram verklaar het, waarskynlik na beloftes van geld.

“Waarnemers” van die VSA, Frankryk, Brittanje en die Europese Unie (Afrika se eertydse en toekomstige belanghebbendes) was teenwoordig by die beraad wat deur die ongewilde Sosialistiese president Francois Hollande gereël is.

Die vyf Afrika-state het nie die geld, opleiding, toerusting of intelligensie-insamelingskapasiteit vir so ‘n totale oorlogsplan nie, maar is deur die VSA verseker dat hulle al die bogenoemde sal ontvang.

Amerika en Europa het dus baie skepties gereageer op bewerings van Nigerië dat hulle weet waar die meer as 200 ontvoerde skoolmeisies is.

Amerikaanse en Europese amptenare sê daar is geen onafhanklike inligting wat president Jonathan Goodluck se bewering steun nie.

Die Nigeriese regering sê hulle wil nie geweld gebruik om die meisies te bevry nie, omdat dit te gevaarlik is. Intussen het nog vier meisies uit aanhouding ontsnap.

Boko Haram het die skoolmeisies op 14 April in Chibok ontvoer. Die onderwysowerhede wou geen besonderhede oor die ontsnapping bekendmaak nie. Nog 219 meisies word vermis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.