ANC-jeugliga steun Kurt Darren na optrede

Deel op
Kurt Darren
Kurt Darren

Kurt Darren het Maandag ‘n ope brief aan sy ondersteuners en die publiek gerig na kritiek omdat hy by die ANC se inhuldingsvieringe opgetree het.

Veral wit DA-ondersteuners het Darren op webwerwe en sosiale media geroskam.

Jong swart ANC-ondersteuners het egter onder die Twitter-naam ANC Our Party agter Darren gestaan.

Hy het ook ondersteuning op Twitter gekry met die etiketwoord #handsoffkurt.

Bandile Masuku, woordvoerder van die ANC-jeugliga, het gesê swart steun vir Darren was spontaan.

Darren sou by die ­Laerskool Bergsig in Pretoria opgetree het, maar ’n borg het intussen glo onttrek weens Darren se optrede by die ANC-vieringe.

Die kunstenaars was glo bereid om saam met Darren op te tree en Darren self het aangebied om klanktoerusting gratis te voorsien, maar die skool het nietemin besluit om te kanselleer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.