Polisieman skiet drie, homself by Kaapstad-lughawe

Deel op

ctairportDie polisie in Kaapstad ondersoek ‘n saak van poging tot moord ná die skietery gisteraand by die Kaapstadse Internasionale Lughawe waarin een persoon dood en drie gewond is, het RSG berig.

Volgens `n polisiewoordvoerder, Kaptein Frederick van Wyk het `n drie-en-dertig-jarige polisieman drie mense by `n restaurant op die lughawe gewond voordat hy homself geskiet het.

Kaptein van Wyk sê die konstabel het gisteraand net na ses op die lughawe aangekom om met sy vriendin te gesels. ‘n Woordewisseling het ontstaan waarna die skietery plaasgevind het.

Die meisie en twee werkers van die restaurant is gewond.

Die toneel is deur die polisie afgesper, maar die normale bedrywighede op die lughawe het voortgegaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.