Minister waarsku platinumbestuur oor salarisinkortings

Deel op
Ngoako Ramathlodi
Ngoako Ramathlodi

Die minister van Minerale Hulpbronne, Ngoako Ramathlodi sê hy sien mislukking om arbeidsprobleme in die platinumgordel op te los nie as ‘n opsie nie.

Lede van die mynwerkersvakbond, Amcu staak sedert 23 Januarie by die mynmaatskappye, Lonmin, Impala Platinum en Anglo American Platinum.

Die staking kos die land reeds miljarde en het byna ‘n algehele insinking in Rustenburg se ekonomie veroorsaak.

Ramathlodi het dié week ‘n amptelike taakspan saamgestel om die staking in die bedryf te probeer beëindig.

Die span sal reeds Donderdag vergader en na afloop van hul eerste vergadering aan Ramathlodi verslag doen oor moontlike oplossings.

Volgens Ramathlodi sal die taakspan poog om die benadering tot die krisis in ‘n breër lig te stel en alle moontlikhede vir ‘n oplossing ondersoek.

Die minister het die mynmaatskappye in kennis gestel dat van die moontlike oplossings sou wees om uitgawes soos salarisse van die bestuur te beperk en sekere programme te beëindig.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.