Olimpiese Spele: Suid-Afrika parasiteer op Afrikaners

Deel op

07:25:47 Gister het die Olimpiese Spele met fanfare in Beijing begin. Die verrassende aspek van die Suid-Afrikaanse span se verbymars voor die TV-kamers was dat dit oorwegend uit blankes en Afrikaners bestaan.

Deel op
Dus, in weerwil van die ANC-bewind se anti-blanke transformasiebeleid, rassekwotas in sport en die algemene vyandigheid teenoor Afrikanersportmanne en –vroue, is ons steeds oorverteenwoordig in die Suid-Afrikaanse span wat aan die Olimpiese Spele gaan deelneem.

ʼn Ander wonderwerk van gister se vertoning is dat die span Westerse klere aangehad het en nie in Xhosadrag met kralewerk verskyn het nie. Vele Afrikaspanne het tradisionele drag aangehad, onder andere die span van Lesotho wat met komberse en Sotho-strooihoedens verbygemarsjeer het. In die toekoms kan mens seker verwag dat die Suid-Afrikaanse span al hoe meer Afrika-georiënteer gaan raak, ook wat sy kleredrag betref.

Terwyl ons ons sportmense die beste toewens in hul pogings om medaljes huistoe te bring, laat die verpolitiseerde sportkultuur in die land mens nogtans met ʼn swak smaak in die mond. Enige medaljes deur Afrikanersportlui soos laas deur Ryk Neethling of Roland Schoeman, gaan deur die media en die regering aangegryp word as prestasies deur die hopelose “reënboognasie” wat slegs op die gebied van misdaad, moord en verkragting wêreldkampioen kon word.

Sport – veral op Olimpiese vlak – vereis nie net natuurlike aanleg nie, maar ook groot dissipline en toewyding. Daaroor het Afrikaners nog altyd beskik, maar dieselfde kan nie van ons landgenote gesê word waarvan 20 miljoen tans deur aalmoese van die staat en die belastingbetaler oorleef nie.

Opvallend in die Olimpiese ry is ook die vele klein landjies soos Andorra, Liechtenstein, Ysland en die eilandstate wat elkeen ʼn Olimpiese span, hoe klein ook al, kon inskryf. Uit die 121 Suid-Afrikaanse Olimpiane, is seker meer as die helfte Afrikaners. Hoeveel beter sou dit nie gewees het indien ons ʼn eie Olimpiese span gehad het wat onder die oranje-blanje-blou kon deelgeneem het nie.

So ʼn span sou mens onvoorwaardelik en met oorgawe kon ondersteun, terwyl die huidige span net dien om die ANC se doodgebore, kunsmatige patriotisme aan die hartlongmasjien gekoppel te hou. Soos op soveel ander gebiede, parasiteer Suid-Afrika op die Afrikaner se sportprestasies. Die gejuig as ʼn Afrikaner dalk ʼn medalje sou huistoe bring, gaan vals wees want ons weet dat die regime ons nie as volwaardige burgers beskou nie, maar net nuttige idiote wat hard werk, getrou belastings betaal en, les bes, hul beste op die sportveld gee.

gambling freeФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.