Bloemhof in greep van diarree-uitbraak

Deel op

bloemhof-damBloemhof in Noordwes is tans in die greep van ‘n diarree-uitbraak.

Die dorp ondervind al reeds geruime tyd probleme met skoon water.

Verskeie leerders is van die skool af huistoe gestuur vir mediese hulp nadat hulle simptome van die siekte begin toon het, het RSG berig.

Daar word vermoed dat die siekte die gevolg is van die onverwerkte riool wat in die Vaalrivier inloop en besoedeling van die gemeenskap se watervoorsieningsnetwerk.

Die Departement van Gesondheid in die provinsie en privaat mediese praktisyns het bevestig dat daar baie pasiënte is, met simptome wat ondermeer braking en maagkrampe insluit.

Die Departement van Gesondheid het intussen watermonsters geneem om die oorsaak van die uitbreking te probeer vasstel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.