Zim moet soveel kinders as moontlik maak sê regeringslid

Deel op
Mudede, regs
Mudede, regs, is nie lid van die Boeremag nie

Die Registrateur-generaal, Tobaiwa Mudede het Zimbabwiërs aangeraai om voorbehoedmiddels te staak. Hy het gesê voorbehoedmiddels is ‘n slenter deur magtige Westerse lande om bevolkingsgroei te vertraag in Afrika en sodoende die kontinent te verswak.

Mudede het gesê voorbehoedmiddels lei tot pandemiese siektes soos kanker, veral in vroue. Hy het voor kerklike gemeentelede ter herdenking van Afrika-dag in Kambuzuma, Harare dié waarskuwing gerig.

Teenwoordig was senior Zanu-PF- en ander regeringsamptenare.

Mudede het gesê hy is mede-outeur van ‘n boek oor bevolkingsbeheer wat hy saam met televisieprodusent Richard Hondo gepen het.

Hy het gesê die boek verduidelik waarom swartes moet ophou om voorbehoedmiddels te gebruik en gesê hulle moet eerder soveel kinders as moontlik kry.

Mudede het toegegee dat sy idees weerstand sal kry. Maar, het hy gesê: “Ek is beangs as ek dink dat my dogtertjie voorbehoedmiddels moet gebruik. Hoekom wil jy hierdie buitelandse produkte hê? Dit veroorsaak baie pyn vir my.

“Waar gaan jy kry soldate kry as daar ‘n aanval is? Ons wil polisiebeamptes, werkers, verpleegsters hê. As jy die jong mense vandag vra hoeveel kinders hulle het, hoor jy hoe hulle trots reageer ‘net twee’.”

Mudede het gesê Zimbabwe kan nie ‘n supermoondheid word indien hy sy bevolkingsgroei aan bande lê nie.

Hy het verwys na Nigerië, wat ‘n bevolking van meer as 130-miljoen het, en ‘n opbloei in sy ekonomie beleef, terwyl lande soos Zimbabwe wat hom steur aan voorbehoeding, traer ekonomieë het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.