RSG berig dat daar vandag twee tussenverkiesings in die Wes-Kaap plaasvind, een in Kaapstad en die ander een in die Matzikamamunisipaliteit op Vredendal. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê stembusse sal oop wees van sewe-uur die oggend tot nege-uur die aand. Die OVK se hoof in die Wes-Kaap. Courtney Sampson, sê bykans 60-duisend kiesers is in die 34 stemdistrikte geregistreer. Sampson sê in wyk 25 in Kaapstad waar die ANC, DA, FNLA en PA sake sal uitspook, sal daar 9 stemlokale wees. By die tussenverkiesing op Vredendal word daar in wyk ses gestem en sal die ANC, DA en PA sake uitspook.
2 tussenverkiesings vind in Wes-Kaap plaas
