Voorafbetaalde bre?band kom

Deel op

'n Firma genaamd Axxess beoog om die Wifi-brandpuntmark op sy kop te draai. Die firma wil voorafbetaalde breëbandinternetkoeponne verkoop. Dit sal gebruikers dan toelaat om met 600 beskikbare punte landwyd te verbind. Die firma is van mening dat dit die goedkoopste diens op die mark is. Die pryse vir die koeponne sal bepaal word deur die bandwydte en die koeponne sal vir een jaar na aankoop geldig bly.

Deel op

Die Wifi-brandpunte sal beskikbaar wees by inkopiesentrums en hospitale en koeponne daarvoor kan ook aangekoop word met kredietkaarte.

Dit gaan die tegnologie aan meer mense beskikbaar stel aangesien dit die risiko van maandelikse betalings verminder en dit kan dan aagekoop word soos dit benodig word.

Axxess meld verder dat die koeponne aanlyn beskikbaar gaan wees en kan ook by Pick 'n Pay aangeskaf word. Die pryse begin by R55 vir 100Mg tot R385 vir 1 Gg.

сделать справку вФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.