
Die laaste leier van die Nasionale Party en voormalige minister van toerisme, Marthinus van Schalkwyk het bedank uit die Parlement.
“Kortbroek” soos hy bekendstaan, het ‘n dag nadat President Jacob Zuma hom uit sy nuwe Kabinet gelaat het, bedank.
Van Schalkwyk, wat vanaf 2004 vir 10 jaar as ‘n minister gedien het, het Maandag bedank, maar wou nie sê waarom hy loop of wat hy beplan om volgende te doen nie.
In ‘n bondige verklaring het hy Zuma en voormalige presidente Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe bedank vir sy aanstellings.
Sy opvolger is die nuutaangestelde minister van toerisme, Derek Hanekom.
Dit is veilig om te sê dat Van Schalkwyk klaarblyklik nie bereid is om op die ANC-agterbanke in die Nasionale Vergadering te sit nie.
Kortbroek het sy party die laaste paar jaar byna nooit in die openbaar verdedig nie.
Met Pieter Mulder en Kortbroek weg, bly nog net Gert Oosthuizen aan as adjunk-minister van sport.