Swart DA-jeugleier se Twittergesprek lek uit

Deel op
Mbali Ntuli
Mbali Ntuli

Nog ‘n skandaal dreig om die DA te verswelg nadat ‘n private Twitter gesprek tussen die party se jeugleier, Mbali Ntuli, en ‘n vriend van Lindiwe Mazibuko uitgelek het.

In die twiet verwerp Ntuli bewerings dat Mazibuko afgedank is en sê: “Ek is verbaas Lindi [ Mazibuko ] het so lank gehou as wat sy gehou het. Hulle [die wittes] is verskriklik met ons. Elk geval, ek is bly vir haar.”

Die twiet bevestig die rassespanning wat dreig om die party te skeur.

Mazibuko het ‘n dag na die 7 Mei-verkiesing aangekondig dat sy nie sal terugkeer na die parlement as DA-leier nie want sy wil aan Harvard Universiteit in die VSA gaan studeer.

Maandag het Ntuli gesê sy is bekommerd dat ‘n private gesprek uitgelek het van haar vriend se Twitter-rekening.

Sy het die skuld op opposisiepartye gepak wat in hulle rekeninge “ingebreek” het.

“Dit is die ander persoon se rekening. Hy was baie ontsteld daaroor. Ek is nie seker watter regstappe hy gaan neem nie.”

Mazibuko se vertrek kom nadat die DA se parlementêre koukusbesluit verlede jaar ten gunste van die Wet op Gelyke Indiensneming gestem het. Die partyleier Helen Zille het daarna teen die besluit gegaan.

Zille het ontken dat sy swart leiers in die party terughou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.