Malema vra SAID om verskoning

Deel op

malema4Malema het om verskoning gevra nadat die SAID Maandag sy voorlopige sekwestrasie in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria verleng het.

Malema het erken dat hy sy plig versuim het ten opsigte van belasting. Hy is tot 25 Augustus gegun om sy uitstaande belasting ten bedrae van R16 miljoen plus rente te betaal.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ná Malema se verskoning gesê dit is nie in SAID se belang om met regstappe teen Julius Malema voort te gaan nie.

Die leier van die EFF het ook om verskoning gevra het vir sy uitlatings dat SAID bevooroordeeld en oneerlik is.

Volgens hofstukke skuld Malema die SAID R16 miljoen in belasting sedert 2010.

Malema het SAID voorheen van ‘n politieke agenda teen hom beskuldig en ‘n “doelbewuste poging” om hom te diskrediteer.

Maar Maandag het hy sy deuntjie verander . “Ek kon dinge in die openbaar gesê het wat ‘n negatiewe beeld van die reputasie van die SAID en ‘n paar van sy amptenare skep,” het die EFF-leier gesê.

SARS se prokureur, Nick Maritz, het aan die hof gesê dat die Inkomstediens ‘n kompromie-aanbod aanvaar het dat Malema sy belastingskuld vereffen.

Die ooreenkoms is onderhewig aan sekere voorwaardes. Een hiervan is dat hy ‘n volle bekendmaking van sy bates, laste en bronne van inkomste voorlê, en dat sy belastingsake op datum gebring word.

Die saak sal weer voor die hof wees in Augustus om te verseker dat die voorwaardes nagekom word. As dit nie gebeur nie, kan die voorlopige bevel nog finaal gemaak word.

Tot dan sal Malema sy setel in die parlement te behou.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.