Brande teister Johannesburgse middestad

Deel op

fireDie Johannesburgse Nooddienste is bekommerd oor ‘n vlaag brande in die Johannesburgse middestad, het RSG berig.

‘n Woordvoerder van die Nooddienste, Robert Mulaudzi sê die oorsaak van die brand Saterdagaand by ‘n gebou op die hoek van Rissik en Loveday straat is nog nie bekend nie.

Hy sê een persoon is dood in die brand, en twee mense is behandel vir rookinaseming en geringe brandwonde.

Volgens Mulaudzi het brandbestryders die afgelope week minstens vier brande in die middestad geblus.

Hy sê hulle het ook gistermiddag ‘n brand geblus by Ubuntu Kraal in Soweto.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.