Franse FN behaal historiese oorwinning in Europese verkiesing

Deel op
Marine Le Pen
Marine Le Pen

Die Franse Nasionale Front (FN) het oor die naweek ‘n geskiedkundige oorwinning behaal.

Van die begin van die Europese verkiesingsveldtog weke gelede het Marine Le Pen voortdurend voorspel dat die FN Sondagaand uiteindelik Frankryk se nommer een party sal word.

Verkiesingkenners het haar voorspelling geminag, maar die meningspeilings het dit bevestig.

Sondagaand het die Franse volkslied, La Marseillaise hard uit die FN-hoofkwartier in die Paryse voorstad Nanterre weerklink.

Die FN het ‘n historiese 25% van die stemme in die Europese verkiesing behaal en ​​is nou Frankryk se top party op die Europese toneel.

“Die volk het gepraat. Ons mense dring aan op ‘n sekere soort politiek. Hulle wil Franse politiek vir Franse sien, deur Franse, met Franse. Hulle wil nie meer van buite gelei word nie, en ondergeskik aan wette [van buite] wees nie,” het ‘n jubelende Le Pen aan ondersteuners gesê.

“Soewereine mense het hard en duidelik gepraat… hulle wil hul eie lot in hul eie hande terugneem.

“Ons moet ‘n ander Europa bou, ‘n Europa van vrye en soewereine volke wat vryelik besluit op samewerking. Vanaand is ‘n massiewe verwerping van die Europese Unie.

“As Duitsland die ekonomiese hart van Europa word, deur die onbevoegdheid en swakheid van ons leiers, dan is Frankryk die politieke hart van Europa. Wat gebeur het in Frankryk is die voorloper van wat sal gebeur in elke ander Europese land: Die herlewing van volke.

“Aan al die Franse wat vir ons gestem het, sê ek dat die stryd vir die grootsheid van Frankryk ons moet verenig in die herontdekking van die liefde vir ons land.”

Die vernedering van die opposisie UMP, wat net meer as 20% van die stemme kon kry, was nog kleiner as dié van die regerende Sosialiste wat derde gekom het met net 13,9%.

Manuel Valls, die Sosialistiese premier, se somber uitdrukking het by sy begrafnisstem gepas.

“Die uitslag is meer as ‘n waarskuwing, dit is ‘n skok, ‘n aardbewing,” het hy gesê.

Die FN het belowe om Frankryk se grense te sluit om die vrye beweging van die Roma misdadigers te stuit asook goedkoop buitelandse arbeid, die euro te los en terug te keer na die frank.

Hulle het ook onderneem om alle vrye handelsooreenkomste met Amerika dadelik te beëindig, en onder alle omstandighede Franse waardes, identiteit, tradisies en manier van lewe te verdedig.

Die Franse dagblad Le Monde skryf: “Marine Le Pen het haar belofte nagekom: die FN is die belangrikste wenner in die Europese verkiesings” .

Die koerant het bygevoeg: “Die oorwinning is geen groot verrassing nie, die meningspeilings het dit vir die laaste paar weke voorspel, maar die skaal daarvan is verbysterend.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.