SAOG bespreek georkestreerde onrus in Lesotho weermag

Deel op
Letsie III
Letsie III

‘n Afvaardiging van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is in Lesotho om met die regering, die polisiekommissaris en die bevelvoerder van die weermag te vergader.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ( SANW) is na berig word gereed om die Lesotho Weermag ( LDF ) te ondersteun.

Volgens inligting van bronne by Interpol in Lesotho, was die SANW reeds in Februarie naby die land se grens by Wepener ontplooi om “enige verdagte Lesotho militêre verwikkelinge te monitor”.

Die SANW-ontplooiing volg nadat ‘n skynbaar beplande onrus georkestreer is deur elemente in die Lesotho weermag.

Die Suid-Afrikaanse weermag het intussen intelligensie ingesamel.

‘n Opstand binne Lesotho se weermag sal “verpletter word omdat die plaaslike blok SAOG ( Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap ) nie enige omverwerping van ‘n vreedsame verkose regering sal duld nie” het bronne gesê.

Die Lesotho Mounted Police Service het bevestig dat swaar gewapende Lesotho militêre lede langs die land se grense ontplooi is.

Dit volg na spanning tussen die weermag en polisie.

Die afvaardiging bestaan uit die ministers van Buitelandse Sake van Namibië en Tanzanië en die uitvoerende sekrekraris van die SAOG, Dr Stergomena Lawrence Tax.

Die SAOG sal ook met Koning Letsie III, die eerste minister Tom Thabane, koalisie-partyleiers, die hoofregter en godsdiensleiers vergader.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.