President Jacob Zuma het reeds onderafdelings van die Wet op Nasionale Gesondheid onderteken wat kan verhoed dat dokters en ander gesondheidswerkers private praktyke open waar hulle wil.
Alle gesondheidswerkers – soos tandartse, dieetkundiges en fisioterapeute – wat ‘n private praktyk wil oopmaak, sal moet aansoek doen by die Departement van Gesondheid om hulle toestemming te kry vir ‘n sertifikaat van behoefte.
Die sertifikaat sal verpligtend wees vanaf April 2016 .
Artikels 36 tot 40 van die Wet op Nasionale Gesondheid bestaan reeds 10 jaar, maar is nie in die wet onderteken tot die einde van verlede jaar nie.
Dit sal in April in werking tree, maar gesondheidswerkers het twee jaar om die sertifikaat van behoefte te bekom .
Die doel van die sertifikaat is om ‘n “billike verspreiding” van dokters en ander gesondheidswerkers regoor die land te verseker.
Gesondheidswerkers kan tot vyf jaar tronkstraf of ‘n boete ontvang as hulle ‘n private praktyk bedryf sonder ‘n sertifikaat na April 2016.