
Twee vermeende renosterstropers is Donderdag in die Krugerwildtuin (KNP) doodgeskiet.
Die twee het gesterf in ‘n skietery met wildbewaarders by Krokodilbrug het Sanparke luidens ‘n verklaring gesê.
Die wildbewaarders het glo Donderdagoggend die drie stropers in die park gewaar.
‘n Skietery het daarna gevolg en een vermeende stroper het op vlug geslaan. Die ander twee is doodgeskiet, het Ike Phaahla, Sanparke-woordvoerder, gesê.
Beslag is ook gelê op ‘n jaggeweer en toerusting vir renosterstropery.
In ‘n ander voorval is vier voornemende stropers deur die polisie naby die Krugerpark se Malelane-hek in hegtenis geneem.
Hulle was in besit ‘n jaggeweer, ammunisie en toerusting vir renosterstropery.