Groot wapenopslagplek in Johannesburg gevind

Deel op

sindikaatEen van die land se mees gesoekte misdadigers is in besit van meer as 300 gewere , ammunisie en plofstof by sy huis in Norwood, noord van Johannesburg in hegtenis geneem Donderdag, het die nasionale kommissaris van polisie Riah Phiyega gesê.

Die verdagtes is vasgetrek na die polisie op ‘n groot wapenopslagplek afgekom het. Hulle is vermoedelik deel van ‘n sindikaat.

Die polisie het beslag gelê op die groot aantal wapens en ammunisie, asook dagga waarvan die waarde nog nie bekend is nie.

Drie mense is in hegtenis geneem, maar die hoofverdagte, die sindikaatbaas, was nie ten tyde van die klopjag tuis nie.

‘n Man, sy dogter en hul huishulp is in hegtenis geneem. Hulle is tussen die ouderdomme van 26 en 53 .

Plofstof wat vir die opblaas van kitsbanke gebruik word, is ook gevind.

Phiyega het die span van beamptes wat betrokke was in die operasie, gelukgewens. Sy was self op die toneel in Norwood.

“Die persoon wat ons vandag vasgetrek het, beheer ‘n groot sindikaat en is ook op die lys van die mees gesoekte kriminele,” het sy gesê .

“Ek is baie tevrede met die resultaat en ek wil hulle aanmoedig om voort te gaan met die harde werk.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.