Die polisie in Limpopo het vyf-en-twintig mense, onder wie verskeie tieners, is in hegtenis geneem na ‘n plundertog teen buitelanders.
In Gilead, buite Ellisras (Lephalale) in Limpopo is die winkels van buitelanders aangeval en besteel.
Die polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê die skare het die winkels aangeval nadat hulle die buitelanders van misdaad beskuldig het.
Mulaudzi sê die verdagtes sal binnekort op aanklagte van openbare geweld en roof in die hof op Gilead verskyn.