Die Wêreldbank het Suid-Afrika geloof vir sy kinderstaatstoelaes wat glo die maatskaplike band tussen mense en die staat ondersteun.
Die toelaes word allerweë beskou as ‘n geboorteversneller wat jong swart meisies tot vroeë moederskap oorreed.
Dit is ook al gekritiseer vir die aantal premature geboortes weens die tienerswangerskappe wat deur toelaes aangemoedig word.
‘n Nuwe verslag wat handel oor lande se maatskaplike toelaes, beskryf die land se stelsel van kindertoelaes as een van die voordeligstes op die vasteland.
Volgens die verslag getiteld The State of Social Safety Nets 2014 wat die Bank bekendgestel het, bestee Suid-Afrika sowat 3,4% van die Bruto Binnelandse Produk aan maatskaplike uitkerings.
Sulke uitkerings wat armoede verlig soos in Suid-Afrika noem die Bank “betroubaar” en “gereeld in kontant”.
Die Wêreldbank sê arm mense trek dikwels swaar ten spyte daarvan dat sekere aspekte van die ekonomie gesubsidieer word deur die staat.
Indonesië spandeer 2,6% aan brandstofsubsidies. Egipte, Irak en Ekwador bestee ook meer aan brandstofsubsidies, maar sulke subsidies help uiteindelik net die rykes.
Luidens die verslag is maatskaplike vangnette in die vorm van voordele en uitkerings nie alleen vir oorlewing nie, maar ook om die “sosiale kontrak tussen die burger en die staat te sterk en uit te bou”.