Lonmin veroordeel voedselhulp aan stakers

Deel op

amculonminDie platinumprodusent Lonmin het die eensydige voedselhulp aan die gesinne van stakende Amcu-mynwerkers bevraagteken.

Die bestuurshoof van Lonmin, Ben Magara sê die skenkings bevoordeel net die stakende vakbond se lede.

Hy het gesuggereer dat die hulporganisasies nie gelykheid onder werkers erken nie.

Die voedselhulp sal daartoe bydra dat die staking nog langer uitgerek kan word.

Magara sê indien die staking onbepaald voortgaan gaan, sal kinders ophou skoolgaan en daar sal op mense se huise beslag gelê word.

Die Moslemhulporganisasie, Gift of the Givers het ontken dat hulle slegs lede van Amcu in die staking-geteisterde platinumgordel help.

Platinummynwerkers sukkel geldelik as gevolg van die Amcu-staking in Rustenburg wat nou reeds in die vierde maand is.

Die woordvoerder van Gift of the Givers, Emily Thomas sê hulle werk saam met die plaaslike Marikana-komitee om die gesinne wat die ergste geraak word, te identifiseer.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.