VSA ontplooi troepe ‘om skoolmeisies te soek’

Deel op
Van bokwagters tot plofstofdeskundiges
Boko Haram: Van bokwagters tot plofstofdeskundiges?

Die VSA het sy troepe in Tsjad ontplooi om glo na die skoolmeisies wat in Nigerië ontvoer is, te help soek.

NUUT!

Die Verenigde State van Amerika sal 80 militêre personeellede en ‘n Predator-tuig na Tsjad stuur as deel van ‘n poging om ‘n vastrapplek in die streek te kry.

Die onbemande verkenningstuig sal aansluit by soortgelyke tuie wat in Niger glo deelneem aan die soektog.

Die Amerikaanse ontplooiing in Tsjad is deur die War Powers Act Woensdag moontlik gemaak.

Tsjad se weermag word beskou as een van die bestoegeruste in sub-Sahara-Afrika. Die land is tans in staat om duur buitelandse intervensies te finansier sonder Westerse hulp danksy sy olie-inkomste.

‘n Resolusie deur die Afrika-unie (AU) het reeds die sukses in Afrika van Tsjad se militêre strategie om homself internasionaal onontbeerlik te maak, geloof. Die AU beoog trouens om Tsjad se kandidatuur vir ‘n nie-permanente setel in die Veiligheidsraad van die VN in 2014/15 te ondersteun.

Alhoewel die Weste steeds ‘n belangrike belegger en handelsvennoot in Tsjad is deur die Tsjad-Kameroenpyplynprojek, het China baie meer langtermyn-ontwikkelingshulp aan die land beskikbaar gestel en die oliesektor aansienlik uitgebrei.

Vir China is Tsjad ‘n belangrike bron van olie en ‘n suksesverhaal van Chinese invloed in die hele streek.

Tsjad se minister van finansies het vroeër aangekondig dat hy verwag dat olie-uitvoere sal verdriedubbel teen 2015.

Die Amerikaanse President, Barack Obama het sy Kongres ingelig dat die gewapende magte betrokke sal wees by intelligensie, waarneming en verkenning ten opsigte van missies in noord-Nigerië en omliggende gebiede.

Hy het aan die Kongres gesê dat die soldate in Tsjad sal bly totdat hulle hulp met die opsporing van die meer as 200 meisies nie meer nodig is nie.

Amerika het vroeër die jongste bomaanvalle in Jos in Nigerië skerp veroordeel waartydens minstens 118 mense dood is.

Die militante groep, Boko Haram, wat glo deur die Weste befonds word, word vir dié terreurdaad verantwoordelik gehou.

Die ontvoerings het straks ‘n handige rede verskaf vir Amerikaanse militêre ingryping in die streek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.