Zim-permitte vir SA sal verval

Deel op

zimpermitPermitte wat ingevolge ‘n spesiale bedeling aan Zimbabwiërs uitgereik is, sal in Desember verval, het RSG berig.

Die Departement van Binnelandse Sake sê die kabinet het die besluit goedgekeur en daar sal van permithouers verwag word om weer om dokumente aansoek te doen.

Binnelandse Sake sê die bedoeling is nie om die voordele van die bedeling om te keer wat destyds aan sowat 250.000 Zimbabwiërs uitgereik is nie.

Die Minister van Binnelandse Sake, Naledi Pandor, het in Maart vanjaar gesê permithouers sal in hulle lande van herkoms weer vir dokumente aansoek moet doen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.