Duitsland sien buitengewone toestroming van immigrante

Deel op

duitsland2Duitsland het naas die VSA die wêreld se gewildste bestemming vir immigrante geword, het die Financial Times berig.

Die land is nou gewilder as Kanada en Australië. Baie suid-Europeërs verkies Duitsland weens die lae werkloosheid.

Die Eurosone se finansiële krisis het talle genoop om beter geleenthede te soek.

Die immigrante dra meer by tot belasting as wat hulle uitkerings ontvang.

Dié verwikkeling is goed vir die Duitsers se lae geboortekoers met sowat 400.000 nuwe aankomelinge in 2012.

Italië en Spanje se immigrante het skerp gedaal weens ekonomiese teëspoed in die lande.

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling sê die getal permanente immigrante na Duitsland het met 38 persent toegeneem.

Die Organisasie sê immigrante na Duitsland het nou beter beroepsvaardighede as in vorige jare en meer kry werk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.