Ontploffings ruk Nigerië

Deel op

bokoharam_10Twee ontploffings in die hoofsakesentrum van die Nigeriese stad Jos het die lewens van minstens 118 mense geëis.

Jos lê op die foutlyn tussen die strydende Christelike suide en meestal Moslem noorde. Dis die helfte van Nigerië se bevolking van 170 miljoen Christene.

Nog talle is beseer in die aanval wat volgens die polisie deur die terreurgroep Boko Haram gedoen is. Daar is glo minstens 45 beseerdes.

Die militante groep wat uit Londen befonds word, is tans in die nuus met die ontvoering van meer as 200 skoolmeisies ‘n maand gelede uit ‘n dorp in die noordooste van die land.

Die groep het in April meer as 200 skoolmeisies in Chibok in die noordooste van die land ontvoer en die VSA en sy bondgenote wil die ontvoering as ‘n rede gebruik om Amerikaanse troepe in land te ontplooi.

Die groep se naam beteken: “Westerse onderwys is sondig”, en word deur gematigde Moslems verwerp omdat hulle hulself vir ‘n fundamentalistiese Islamitiese staat beywer.

Boko Haram het plofstofaanvalle verskerp, nadat twee ontploffings ook die hoofstad Abuja geruk het.

President Goodluck Jonathan van Nigerië het die bomontploffings skerp veroordeel.

Jonathan het sy medelye met die families van die slagoffers betuig en Nigeriese burgers verseker dat die regering ten volle daartoe verbind is om die stryd teen terreur te wen.

Mense is steeds onder die puin vasgekeer en die dodetal sal na verwagting nog verder styg.

Die ontploffings het by ‘n busterminaal en ‘n besige mark plaasgevind.

Die voormalige goewerneur van die Abia-staat, Dr Uzor Kalu, het ‘n beroep op die Federale Regering van Nigerië gedoen om saam te werk met die Mosad, die Israeliese geheimediens, en die CIA.

Die voormalige goewerneur het die oproep gedoen by die internasionale vleuel van die Murtala Muhammed Lughawe (MMA), in Lagos die naweek voor joernaliste, het die Nigeriese Daily Independent berig.

Hy het aangevoer dat daar geen manier is waarop Nigerië terrorisme alleen kan beveg nie, en bygevoeg dat dit is hoog tyd dat die Federale Regering met die Mosad, die CIA en ander lande wat ervaring het van die stryd teen terreur, saamwerk.

“Enigiemand wat dink dat Nigerië ‘n vyand van Amerika sal wees, is ‘n grap. Dit is die belangrikste land in die wêreld en hulle moet ons beste vriend op aarde wees as ons wil vorentoe beweeg,” het hy gesê.

Lees verder hier en hier.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.