Spesiale howe vir 2010-sokkerwêreldbeker? Wat ‘n grap!

ImageDis met ‘n lekker stukkie binnepret wat ek in die nuus verneem het van die spesiale howe wat vir die 2010 sokker beoog word, wat kwansuis veronderstel is om misdade wat verband hou met die saak te ondersoek en sommer in die tydperk af te handel.

Daar is verskeie vrae wat mens in dié verband kan vra. Die een ding wat baie van toepassing is hier, is mnr. Mbeki se siening dat misdaad nie ‘n probleem is nie, maar slegs ‘n persepsie van rassistiese blankes wat in elke swartman ‘n misdadiger sien wat hom wil beroof of erger.

Die feit dat die regering die waarnemende polisiekommissaris, André Pruis, oorsee gestuur het om aan Sepp Blatter, die Fifa hoof, te gaan verduidelik wat die planne is om misdaad te bekamp en om misdaadsyfers af te bring oor die volgende twee jaar is op sigself reeds ‘n erkenning deur die regering dat misdaad ‘n probleem is. Dié stap slaan klaar Mbeki se stelling dat misdaad net ‘n persepsie is verder plat.

Blykbaar het Pruis aan Blatter gaan verduidelik dat die misdaadsituasie in Suid-Afrika onder beheer is en daar planne bestaan om misdaad met tussen sewe en tien persent per jaar in die volgende twee jaar te laat daal.

Mens kan net wonder hoe hy aan Blatter verduidelik het waarom hy as waarnemende SAPD-kommissaris dié takie moes verrig in die plek van die voltydse kommissaris, Jackie Selebi, wat weens sterk bande met bekende misdadigers tydelik uit sy pos gestel is.

Verder wil ek vra: wat maak die oorsese toeriste so spesiaal dat hulle voorkeurbehandeling moet kry van ‘n regstelsel wat die land se mense reeds gefaal het en steeds faal?

Verder wonder mens hoekom moet daar aan die buitelanders se finansies gedink word en selfs vliegtuigkaartjies betaal word as hulle sou moes terugvlieg om hofsake by te woon? Die een ding wat soos ‘n paal bo die water staan, is dat hulle baie meer het om te bestee as die deursnee-Afrikaner wanneer hulle hier land, te danke aan wisselkoerse wat hulle baie sterk bevoordeel. Na my mening is dit die laaste ding wat in ag geneem moet word, want as die man geld het om te kom sokker kyk, het hy geld om op sy hofverskynings te blaas, sou ek sê.

In aansluiting hierby kan ek die vraag stel: kry Suid-Afrikaners wat oorsee aan misdaad blootgestel word dieselfde hoflikheidsgebare?

Het die spul al ooit gehoor van versekering? Daardie iets wat mense betaal en hoop dat hulle dit nooit gaan nodig kry nie? Wel, die een wat Afrika besoek en nie versekering het nie is ‘n onnosel gek, want die deursnee boorling van die kontinent dink dat regstellende inkopies en gesubsidieerde aankope uit die ander man se beurs nie verkeerd is nie. En aan die regstelsel steur die gemiddelde inwoner van ons land hom maar min.

Verder sou ek raai dat die meeste van die mense in posisies is waar hulle genoeg verdien om ‘n lewenstandaard te kan handhaaf waarvan die meeste Afrikaners net kan droom, dus is geld nie die kwessie nie. My gevoel is dat as die Europese besoeker na Afrika toe kom hy behandel moet word soos die res van ons, niks slegter of beter nie. En die subsidies vir  regspraak tydens die sokker lyk beslis na witvoetjiesoek deur die regering by buitelanders.

Die een ding waaroor die buiteland op ‘n veel groter skaal as ons derdewêreldlandjie beskik, is media. Die televisie is in die Noordelike halfrond beskikbaar met ‘n ongelooflike klomp kanale. Die gevolg is dat hulle nie verskoning het as dit kom by nuus oor die donker kontinent nie. En as mens dit in ag neem, sal mens die afleiding kan maak dat hulle welbekend is met misdaad in Afrika en veral Suid-Afrika, wat waarskynlik oor die volgende twee jaar baie deeglik dopgehou gaan word.

Dis waarskynlik aan elke buitelandse besoeker bekend dat verkragting in Suid-Afrika die hoogste ter wêreld is, en dat ons ten opsigte van moord in die top vyf lande verkeer. Dit wil nogal iets sê, en dis nie iets waarop die regering trots kan wees nie. Mens kan dan die aanname maak dat buitelanders weet waarvoor hulle hulleself inlaat en dat hulle geen verskoning het as hulle die slagoffers van misdaad sou word nie.

Die feit dat die regering spesiale howe daarstel om die mense te help, dui net op nog rassisme en diskriminasie teen die land se inheemse bevolking; in dié geval word die swartman ingesluit onder diegene wat aan die kortste ent trek.

Mens kan net wonder of hulle ook spesiale forensiese toerusting sal aankoop en deur buitelandse kundiges laat bedryf vir die duur van die sokkerstryd, hoewel dit nie ‘n onmoontlike gedagte kan wees nie. Want niks is te goed vir die mense wat ons in die stryd teen apartheid ondersteun het nie. Of dalk sal hulle dit huur en die mense wat dit moet gebruik buitensporige tariewe betaal.

Daar is natuurlik een laaste voorstel wat nie te sleg klink nie. En dis iets wat meer vrugte sal afwerp as net die hulp aan arme oorsese slagoffers van sokkermisdaad. Hersien die huidige regstelsel en stel swaar strawwe in, iets wat die oortreder as voorbeeld sou stel vir ander, en misdaad na ‘n minder rooskleurige loopbaan sal laat lyk. Dit sal nie net tydelik wees nie, maar iets wat die potensiaal het om die land weer op die regte baan te plaas. Iets wat aan die buiteland wys dat Suid-Afrika weer die veilige land kan wees wat dit in die verlede was, toe reg en geregtigheid nog aan die orde van die dag was. Nie die land waarin anargie die botoon voer en verdoesel word wanneer buitelanders vrae vra wat ongemaklik is om te beantwoord nie.

Mens kan vir die sokkertoeriste net hoop dat die gees van die Nuwe Suid-Afrika nie die spesiale ondersoekspanne en regters deurtrek het teen die tyd dat die wêreldbeker aangebied word nie. Dis nou as die spul barbare wat die land afgebreek het hulle sal gedra en nie soveel amok maak dat Fifa die gebeurtenis elders toe skuif om hulle kosbare toeskouers te beskerm nie. Want haai, mens kan darem nie dat die arme sagte buitelanders met misdaad kennismaak in wat veronderstel is om ‘n partytjieatmosfeer te wees nie. Ha, glo my, daar sal nog meer as een misdaadpartytjie deur die vrygewige besoekende sokkerliefhebbers gesubsidieer word.

правило укладки ламинатаДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.