Vyfde parlement open

Deel op

parlementDie Parlement is gereed vir die vyfde Parlement wat Woensdagoggend sal open.

Minstens 40 nuwe parlementslede, onder wie 25 lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal ingehuldig word.

Die party sal glo hul rooi berets na die opening dra.

Die inhuldiging van die 400 Parlementslede sal die sitting open. Die LP’s het reeds geregistreer vir die eerste sitting van die Parlement.

Die sitting om halfelf sal gelei word deur die Hoofregter, Mogoeng Mogoeng wat LP’s in groepe van tien sal beëdig.

Die Nasionale vergadering sal die land se president aanwys.

Vierhonderd parlementslede van 13 partye word ingehuldig waarna die speaker, die adjunkspeaker en die president verkies word.

Die ANC het sy voorsitter, Baleka Mbete en ‘n voormalige minister, Lechesa Tsenoli as speaker en adjunk-speaker onderskeidelik genomineer.

Die ANC se besluit om die party se voorsitter, Baleka Meete as die Speaker van die Nasionale Vergadering te benoem. word as ‘n strategiese stap gesien.

Mbete is meer senior as haar voorganger, Max Sisulu, wat tot voordeel van die ANC kan strek. Die speaker is veronderstel om onpartydig te wees.

Dit is nie seker of Mbete die parlementêre komitee sal hernu wat net voor die be-eindiging van Sisulu se termyn saamgestel is om die Nkandla-kwessie te ondersoek nie.

Sisulu was net ‘n gewone lid van die ANC en nie deel van die ANC se nasionale werk-komitee nie.

Die hoofsweep van die Vryheidsfront Plus, Corne Mulder, wat deel van die ANC-regering was, het nuwe parlementslede aangeraai om baie versigtig te wees wat hulle in die Parlement sê.

Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, sal vanmiddag haar nuwe kabinet bekend maak.

Zille sal Woensdag as premier verkies word ná die inhuldiging van lede van die provinsiale wetgewer.

Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, sal die inhuldiging van die 42 lede sowel as die verkiesing van die premier en die speaker waarneem.

Daar is steeds geen benoeming om Lindiwe Mazibuko van die DA as Parlementêre leier te vervang nie. Die benoemingslys is oop tot Maandag.

Die voorsitter van die DA se Federale Uitvoerende Raad, James Selfe, benoemings sal na verwagting eers inkom kort voordat die nuwe leier op 29 Mei verkies word.

Die DA-leier, Helen Zille, ten gunste is van Mmusi Maimane, vir die pos.

Zille se premierskap van die Wes-Kaap terwyl sy nie in die Parlement dien nie, kan vir spanning binne die DA sorg, sê ontleders.

Doelwitte op nasionale vlak sal sneuwel omdat die Parlement as ‘n nasionale forum vir openbare gesprekvoering dien, en nie deur Zille benut sal kan word nie.

Debatte oor sake van nasionale belang sal dus aan onervare lede soos Maimane oorgelaat word, wat soos Mazibuko maklik op sleeptou geneem kan word deur die meerderheid in die Parlement.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.