Graeme Smith is ‘n held

Deel op
Graeme Smith het met die toetsoorwinning oor Engeland reggekry wat nog geen nasionale krieketkaptein kon doen sedert die hertoetrede na isolasie nie.  Hy het in sy tyd as kaptein van die Proteas al onder hewige kritiek deurgeloop, veral onder oudspelers soos Kepler Wessels en Fanie de Villiers.

 

Deel op
Met die reeks oorwinning wys hy dat die meeste van hierdie kritiek ongegrond is. Graeme Smith is die belangrikste en beste speler in die nasionale krieketspan. Alles in die span draai rondom hom. As Greame Smith die dag op alle silinders vuur wen die span gewoonlik. Ongelukkig val die span gewoonlik plat as hy nie goed voel nie.

Graeme spog met ‘n toetskolfgemiddeld van 49.69 en is twaalfde op die wêreldranlys van toetskolwers. Sy eendaggemiddeld is 41.11 en hy is tans die topgekeurde speler op die wêreldranglys. As hy so aangaan behoort hy die beste Proteakaptein van alle tye te word.

using instagram to promote your businessлобановский александр харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.