Duisende verkiesingsplakkate moet af

Deel op
drol
Amptelik en nie-amptelik

Duisende van die plakkate is nog steeds te sien aan lamppale oral in die land, twee weke nadat Suid-Afrika in die algemene verkiesing gestem het.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê die verwydering van verkiesingsplakkate is nie hulle verantwoordelikheid nie en word deur munisipale ordonnansies beheer.

Die stad Kaapstad het politieke partye tien dae tyd gegee om hulle verkiesingsplakkate te verwyder.

‘n Woordvoerder vir Kaapstad, Priya Reddy, sê kontrakteurs sal van môre af begin om verkiesingsplakkate af te haal.

Partye wat nie gehoor gee nie, sal deur met R126 per plakkaat beboet word, het Reddy gesê.

Die stad Johannesburg moet nog sy spertyd aankondig vir die verwydering van plakkate terwyl die eThekwini-raad in Durban partye drie maande tyd gegee het om hulle plakkate te verwyder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.