Tito Mboweni onttrek as LP

Deel op
Tito Mboweni
Tito Mboweni

Pravin Gordhan se heraanstelling in sy pos as minister van finansies, sal onstuimigheid en onsekerheid in markte kalmeer, sê sy ondersteuners.

Terwyl die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Tito Mboweni, volgens gerugte die voorloper vir die pos skyn te wees, sal dié aanstelling moeilik wees omdat markte en die vakbonde glo nie te vinde is daarvoor nie.

Die aanduiding was “baie sterk” vroeër in die jaar dat Gordhan sy pos sou verlaat aan die einde van sy termyn, sê een ontleder.

Mboweni, het hom intussen onttrek aan die ANC se lys vir die Parlement, en sal nie meer beskikbaar om as LP te dien nie.

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, wou nie reageer op die redes vir Mboweni se onttrekking nie.

Mboweni se redes vir sy besluit is vervat is in ‘n brief aan die ANC en volg na gerugte dat hy die Minister van Finansies, Gordhan sal vervang indien hy nie beskikbaar is vir aanstelling nie.

Mantashe het gesê die brief is aan die ANC gerig en daarom is dit nie gepas om dit openbaar te maak nie.

Ingevolge die wet kan die President twee ministers en twee adjunkministers in sy kabinet aanstel wat nie Parlementslede is nie.

Mboweni kan egter steeds as die minister van finansies in die nuwe kabinet aangewys word al het hy hom onttrek aan die ANC se lys vir die Parlement.

 

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.