ANC kondig binnekort nuwe premiers aan

Deel op
Nomvula Mokonyane
Nomvula Mokonyane het die verkeerde span gekies

Die ANC sal Dinsdagoggend die name bekend maak van die premiers van die agt provinsies.

Hulle sal die ANC lei in provinsies waar die party in beheer is.

Dit volg na ‘n vergadering van die party se Spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee wat in Pretoria gehou is.

Elke provinsie het drie name aan die NUK voorgelê. Dit is egter steeds die president se keuse wat deurslaggewend is in die aanstellings.

Alhoewel verskeie Mbeki-ondersteuners hoog op die partylyste is, is dit nie seker of Zuma hulle sal oorweeg vir hoë poste nie.

Een so ‘n geval is oud-minister van landbou Thoko Didiza, wat terug is na ses jaar in die wildernis.

Daar word druk bespiegel dat premiers Ace Magashule, David Mabuza en Senzo Mchunu na hulle poste sal terugkeer, ten spyte van wanprestasie.

In Gauteng is die huidige premier, Nomvula Mokonyane, nie benoem nie. Dit volg na bewerings dat Mokonyane ‘n faksie teen Zuma gesteun het wat gelei het tot die ANC se swakker vertoning in die provinsie.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sê daar sal aandag gegee word aan vroue wanneer die premiers aangestel word.

Die voormalige minister van kommunikasie, Dina Pule, sal deur Mnyamezeli Booi vervang word as nommer 70 op die ANC se lys van LP’s wat môre ingehuldig word.

Booi was die voorsitter in die portefeuljekomitee oor verdediging in die vorige parlement.

Nadat Pule haar naam onttrek het, het Booi opgeskuif op die lys.

Die parlementêre woordvoerder sê intussen dat die uittredende parlementêre leier van die DA, Lindiwe Mazibuko haar setel in die Nasionale Vergadering aan Thomas Hadebe sal afstaan.

Die skaduminister van finansies, Tim Harris sal deur Marian Shinn vervang word.

Die eerste sitting van die vyfde demokratiese Parlement plaasvind na die inhuldiging van ampsdraers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.