Gauteng se Mulder kondig sy uittrede uit VF+ aan

Deel op
Jaco Mulder
Jaco Mulder

Die leier van die Vryheidsfront Plus in Gauteng, Jaco Mulder het sy skielike uittrede uit die politiek aangekondig.

Mulder sê dit voel na die mees geleë tyd om ná die pasafgelope verkiesing die tuig neer te lê. Hy sê hy het die afgelope 20 jaar met ywer in die party gedien.

Hy is sedert Februarie 2003 die leier van die party in Gauteng en later as lid van die Gautengse Wetgewer.

Daar word bespiegel dat Mulder moes plek maak vir ‘n partylid wat nie deel van die Mulder-familie is nie weens besware van nepotisme teen die VF+.

Pieter Mulder, VF Plus-leier, het in sy reaksie sy dank en waardering teen mnr. Mulder uitgespreek.

“Hy het as voorsitter van die VF Plus se strategiekomitee ’n groot rol gespeel in die herloodsing van die party voor die 2014-verkiesing. Hiervoor is ons hom baie dank verskuldig,” het Pieter Mulder gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.