Twee renosters in Natal gestroop

Deel op

rhinopoachersTwee renosterkoeie is doodgemaak en van hulle horings gestroop by die Tala-privaatwildreservaat naby Pietermaritzburg, het RSG berig.

Die jongste voorval bring die getal renosters wat tot dusver vanjaar in Kwazulu-Natal gestroop is, op 41 te staan.

In dieselfde tydperk verlede jaar is slegs 27 renosters gestroop. Die bestuurder van die wildreservaat, Phelelani Duma, sê hulle het gisteroggend op die twee onthoringde renosters afgekom.

Duma sê die kwessie is by die Valke aangemeld.

Volgens hom is die stropery ‘n nuwe verskynsel in privaatreservate in en om Pietermaritzburg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.