Lonmin vra dat stakers onderhandeling hervat

Deel op

amcu2Die platinumprodusent, Lonmin het ‘n herude oproep aan die mynwerkers-vakbond, Amcu gerig om salaris-onderhandelings te hervat.

‘n Woordvoerder sê samesprekings kan hervat word terwyl werkers na hul werke terugkeer.

Amcu-lede eis ‘n basiese maandelikse salaris van R12.500 per maand.

Die staking is by die wêreld se drie grootste platinumprodusente Lonmin, Implast en Amplats en duur reeds 16 weke.

Lonmin sê stakende werkers se ellende weens hul verlies aan onkomste sal verlig word as werkers terugkeer werk toe terwyl daar terselfdertyd ‘n oplossing vir die geskil gesoek word.

Die polisie ondersoek nog berigte dat ‘n moordlys opgestel is om Amcu-mynwerkers te teiken wat wil terugkeer werk toe.

Werkers wat op die myne se sms-versoek gereageer het om terug te keer werk toe, is glo gelys.

Volgens die berigte verskyn die name van vier mense wat die afgelope tyd in die platinumgordel vermoor is, op die beweerde moordlys.

Streng veiligheidsmaatreëls is by myne ingestel waar die werkers verlede week vermoor is.

Myners word met pantservoertuie werk toe en terug begelei, maar die polisie sê niemand kan hul veiligheid op die lang duur waarborg nie.

Die president van Amcu, Joseph Mathunjwa, het vroeër versoek dat enigiemand wat inligting het oor die sogenaamde moordlys, dit by die polisie moet aanmeld.

Hy het diegene wat dit opgestel het, veroordeel. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Kospakkies vir stakende werkers by platinummyne in Noordwes sal van Johannesburg vervoer word. Die Marikana-steungroep en Gift of the Givers asook ander organisasies het geld ingesamel vir die duisende sukkelende werkers.

Die woordvoerder van die Marikana Steungroep, Rehad Desai sê die situasie stuur op ‘n humanitêre ramp af indien die mynwerkers nie gehelp word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.