Zille gee toe dat Mazibuko ‘n swart figurant is

Deel op
Zille in haar kombuisbediende-mondering, sweep swart gemoedere op oor grond
Zille in haar kombuisbediende-mondering, sweep swart gemoedere op oor grond

In ‘n buitengewone skerp aanval op Lindiwe Mazibuko, haar party se voormalige parlementêre leier, het Helen Zille gedurende ‘n federale partyvergadering die “waarheid” oor Mazibuko onthul en haar as ‘n onbekwame swart sukkelaar uitgebeeld.

Die DA, wat gewikkel is in ‘n bitter stryd oor sy swart leierskap, is geskud deur Zille se opmerkings dat sy Mazibuko “gemaak” het en deurentyd “beskerm” het teen haar eie wanprestasie.

 

Daarmee het Zille uiteindelik toegegee wat algar lankal vermoed het: Dat Mazibuko bloot as ‘n swart figurant gebruik is vir die DA se vertoon van “nie-rassigheid”.

Die term “nie-rassigheid” is ‘n eufemisme vir verswarting.

Zille se houding teenoor swart leiers in die DA se geledere het intussen tot haar toenemende ongewildheid bygedra en die spanning binne die koukus verder verhoog.

Bronne beweer dat sy nie weer as partyleier verkies sal word indien daar nou ‘n stemmery gehou moet word nie.

Zille word verkwalik vir die party se onlangse swak prestasie by die stembus nadat sy vroeër belowe het dat die DA ten minste 30% van die stemme sal kry. Die party kon slegs 22% inpalm.

Zille het gesê gesprekke binne die party se uitvoerende federale raad mag nie na buite gekommunikeer word nie en die skuldiges sal binnekort aan die pen ry.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.