‘n Italiaanse dekmantel

Deel op

ImagePolitici handel dikwels onder die dekmantel, maar 'n ander soort bedekking haal dié Augustus die nuus in Italië.

Deel op
In dié geval gaan dit oor 'n agtiende-eeuse skildery deur Giovanni Battista Tiepolo. Die skildery dien as agtergrond by regeringsperskonferensies in eerste minister Berlusconi se amptelike woning.

'n Digitale kopié van die meesterstuk is oor die afgelope weke bygewerk om 'n ontblote bors toe te maak.

Die eerste minister se woordvoerder sê die bors beland telkens reg in die middel van TV-opnames gedurende perskonferensies.

Kunshistorici is ontstoke oor die besluit. Hulle hou vol dat van 'n ikonografiese gesigspunt en die volksmond mens gewoonlik van die naakte waarheid praat.

Maar die skaamdele van die figure in die Sistynse Kapel is nietemin met lendeklede in die 16de eeu bedek. Die enigste uitsondering was Michelangelo se Laaste Oordeel.

светодиодные led прожекторыпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.